SA se renosterstropery grusaam in Nederland aan die kaak gestel

Die afgryslike omvang van renosterstropery in Suid-Afrika het nou ‘n ellelange artikel in die Nederlandse koerant, Trouw, opgelewer. Volgens die artikel byt daar nou elke 32 uur ‘n renoster in Suid-Afrika in die stof. By die artikel is ‘n grusame foto geplaas van ‘n renoster wat doodgeskiet is, en waarvan die neushoring in die kas

Lees verder: SA se renosterstropery grusaam in Nederland aan die kaak gestel

Behou Nelspruit se naam!

Die Vryheidsfront Plus ondersteun die landwye veldtog om die naam van Mbombela terug na Nelspruit te laat verander. Adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor Finansies, het in ‘n verklaring gesê dat die party die Besigheidskamer van Nelspruit se protesaksie om Nelspruit se naam terug te laat verander van Mbombela af na Nelspruit, steun. Volgens

Lees verder: Behou Nelspruit se naam!

Absa moet begin eerlik raak

ABSA verwar tans rugby-ondersteuners en ABSA-kliënte met hulle verwarrende uitsprake oor rassekwotas in rugby. ‘n Bank se taak is eerder om te help met die ontwikkeling van opkomende sportmanne as om te probeer voorskryf hoe sportspanne gekies moet word. Mnr. Louis von Zeuner van ABSA het vandag tydens ‘n onderhoud op RSG nie ontken dat

Lees verder: Absa moet begin eerlik raak

Swart leering skop witte bewusteloos

Die Volksblad berig dat ‘n graadnegeleerling van die Orionskool in Welkom deur ‘n swart medeleerling bewusteloos geskop is terwyl hy op die grond lê. ‘n Klag van aanranding is by die polisie gelê. Die slagoffer is Norman Fourie (16)wat glo deur die 18-jarige swarte gevloek is, alvorens ‘n bakleiery uitgebreek het. ‘n Medeleerling het die

Lees verder: Swart leering skop witte bewusteloos

Geen werksetiek lei tot munisipale verval

“Die gebrek aan werksetiek en die blatante ignorering van statutêre voorskrifte deur munisipale amptenare is die grootste enkele rede vir die onaanvaarbare toestand waarin munisipaliteite in die Vrystaat hulle tans bevind,” het Abrie Oosthuizen, LPW en Vrystaatse leier van die Vryheidsfront Plus gesê. “Die Ouditeur-generaal se algemene verslag oor die uitkoms van die ouditering van

Lees verder: Geen werksetiek lei tot munisipale verval

Korrupte staatsamptenare dalk gebrandmerk

Die neem van omkoopgeld kan Russiese amptenare dalk binnekort gebrandmerk laat, letterlik. ‘n Voorstel om die linkerhande van skelm staatsamptenare te brandmerk is op die tafel om oorlog teen korrupsie te verklaar, het RIA Novosti Dinsdag berig. Aanvoerders van die Liberaal-Demokratiese Party wil die letter K – ‘n simbool vir ‘n omkoopbare werknemer – permanent

Lees verder: Korrupte staatsamptenare dalk gebrandmerk

ANC reik uit na wittes, Afrikaners

Die ANC wil sy wit ledetal laat groei en daarmee nie-rassig word, het die party se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, Dinsdag by die party se hoofraadsvergadering gesê. “Ons wil graag sien dat 50% van wit Suid-Afrikaners vir die ANC stem sodat ons droom om ‘n ware nie-rassige party te wees, bewaarheid kan word.” Die ANC het

Lees verder: ANC reik uit na wittes, Afrikaners

Millenniumdoelwitte

Met die aanvang van die millennium het wêreldleiers koppe bymekaar gesit en met ambisieuse voorstelle vorendag gekom oor die verligting van lyding oor die hele wêreld. Dié doelwitte se eerste fase sou teen 2015 bereik moes wees. Nou, op die vooraand van die amptelike opening van die VN se volgende sitting, is wêreldleiers in New

Lees verder: Millenniumdoelwitte

ANC se algemene raad agter geslote deure

Die ANC se nasionale algemene raad sal vandag in Durban ‘n geslote vergadering hou op die tweede dag van sy middeltermynbeleidsbyeenkoms. Afgevaardigdes sal na verwagting in kommissies verdeel om ‘n groot aantal kwessies te bespreek, insluitend ekonomiese transformasie en vrede en stabiliteit. Die NAR het Maandag begin met ‘n ferm president Jacob Zuma wat die

Lees verder: ANC se algemene raad agter geslote deure