Behou Nelspruit se naam!

Die Vryheidsfront Plus ondersteun die landwye veldtog om die naam van Mbombela terug na Nelspruit te laat verander.

Adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor Finansies, het in ‘n verklaring gesê dat die party die Besigheidskamer van Nelspruit se protesaksie om Nelspruit se naam terug te laat verander van Mbombela af na Nelspruit, steun. Volgens mediaberigte het 23 000 mense reeds aangedui dat hulle hierdie aksie ondersteun.

“Die party beskou naamsverandering in ‘n ernstige lig en sal voortgaan met sy gesprekke met die ANC-regering om ‘n werkbare oplossing te vind vir naamsveranderinge,” het adv. Alberts gesê.

“Die regering faal in alle opsigte om dienste te lewer en skram weg van die werklike nood op plaaslike vlak. Naamsveranderinge dien as politieke oplossings vir swak dienslewering, maar is tot niemand se voordeel nie. Daarbenewens het hierdie verandering van Nelspruit se naam na die van Mbombela op ‘n onreëlmatige manier geskied,” was adv. Alberts se mening.

Plaaslike besighede moet ook uitermatige groot finansiële kostes aangaan om die naamsverandering in hul besighede se bemarking- en ander materiaal aan te bring. Hierdie uitgawes is onnodig aangesien die naamsverandering slegs deur politieke oorwegings meegebring is.

рейтинг большой теннислобановский депутат

Maak 'n opvolg-bydrae