Absa moet begin eerlik raak

ABSA verwar tans rugby-ondersteuners en ABSA-kliënte met hulle verwarrende uitsprake oor rassekwotas in rugby. ‘n Bank se taak is eerder om te help met die ontwikkeling van opkomende sportmanne as om te probeer voorskryf hoe sportspanne gekies moet word.

Mnr. Louis von Zeuner van ABSA het vandag tydens ‘n onderhoud op RSG nie ontken dat hy ‘n sms aan mnr. Oregan Hoskin, president van SARU, gestuur het waarin hy vrae vra oor die min swart spelers in Curriebeker-spanne nie. Dit blyk dus dat mnr. Von Zeuner, namens ABSA, rugby-ondersteuners mislei het toe hy dit gestel het dat ABSA nie ten gunste van kwotas in rugby is nie. In plaas van meriete het die hoofborg van rugby in Suid-Afrika nou op subtiele en indirekte manier aangedring op ras as kriteria vir plasing in ‘n rugbyspan.

Die VF Plus was gister (20 September 2010) in gesprek met mnr. Von Zeuner en ABSA oor hierdie saak en beplan om dit met ‘n verdere gesprek op te volg. In hierdie verdere gesprekke sal die VF Plus duidelikheid oor ABSA se standpunt wil kry. Tydens die gesprek sal die VF Plus terselfdertyd ook graag wil weet wat die bydra van ABSA is ten opsigte van die bevordering van wit jongmense wat deur regstellende aksie geraak word asook wat die bank doen vir die bekamping van armoede – veral ook onder wit mense.

Die VF Plus is ten gunste van die ontwikkeling van spelers sodat hulle op gelyke voet en op meriete op die hoogste vlak kan meeding. Kwotas en spelers wat nie op meriete vir Curriebeker- en Springbokspanne gekies word nie is egter onaanvaarbaar. Die aandeelhouers en kliënte van ABSA behoort die bestuur te konfronteer oor hierdie standpunte. Dit is onaanvaarbaar dat ‘n maatskappy soos ABSA na sestien jaar steeds vasgevang is in polities-korrekte denkrigtings wat meriete in sport misken.

Die VF Plus glo dat ABSA eerlik moet wees met die ondersteuners van rugby oor die bank se standpunte ten opsigte van kleurkwotas in rugby. Dan kan kliënte en ondersteuners self besluit wat hulle houding teenoor die bank moet wees.

линейный светильникАлександр Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae