“Ons wil graag sien dat 50% van wit Suid-Afrikaners vir die ANC stem sodat ons droom om ‘n ware nie-rassige party te wees, bewaarheid kan word.”
Die ANC het met nuwe ywer uitgereik na wit gemeenskappe en vind dit makliker om met hulle te kommunikeer deur liggame soos die Afrikanerbond, het hy gesê.
Mantashe het gesê die party moet ‘n meer plaaslike aanslag volg om die steun van bruin- en Indiërgemeenskappe te wen.
Hulle het onlangs ‘n kiesafdeling in Agulhas in die Wes-Kaap gewen deur ‘n plaaslike visserman aan te stel as die party se “stem” in die streek.
Mantashe het gesê die party sal hard werk om steun in die Wes-Kaap terug te wen – ‘n provinsie waarin die DA dominant is.
Die party se organisatoriese verslag, wat deur Mantashe saamgestel is, het onder meer daarop gedui dat rassespanning “opgesweep” is ná die dood van Eugene Terre’Blanche, leier van die AWB.
Die opswepery het egter daarop gedui dat die verregse element klein en op die rand van die samelewing is.
“Die georganiseerde groepe in die Afrikaanse gemeenskap het hulself gedistansieer van die AWB se dreigemente.
“Dit het vir ons almal duidelik geword dat ‘n groot deel van hierdie gemeenskap lojaal teenoor die grondwet staan en graag ‘n bydrae wil maak tot Suid-Afrika as ‘n wen-samelewing.”
