Rykste vrou in Afrika

Isabel dos Santos, die oudste dogter van die Angolese president, Jose Eduardo Dos Santos, is Afrika se eerste vroue-miljardêr, het Forbes-tydskrif berig. Die 40-jarige het haar eerste sakeonderneming in 1997 in die hoofstad Luanda begin – ‘n restaurant genaamd Miami Beach. Sy is nou op die rade van verskeie maatskappye in Angola en Portugal. Sy

Lees verder: Rykste vrou in Afrika

Polisie skiet man by padblokkade dood

Johannesburgse metropolisiebeamptes het ‘n gewapende man Sondag by ‘n padblokkade doodgeskiet, het ‘n woordvoerder gesê. Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder, het gesê die man het met ‘n vuurwapen verby die padblokkade in Jeppestraat gehardloop. “Beamptes het hom beveel om stil te staan, waarna hy ‘n skoot op hulle afgevuur het. Hulle het hom weer beveel om

Lees verder: Polisie skiet man by padblokkade dood

Marikana, rondte 2

Opspraakwekkende beeldmateriaal is deur ‘n Britse televisiekanaal uitgesaai wat meer perspektief op die slagting by Marikana gee en waarskynlik die Farlam-kommissie van ondersoek na die gebeure sal beïnvloed. Die beelde ondermyn verklarings deur polisiebeamptes dat hulle in selfverdediging opgetree het tydens die skietery. Die skietery verlede jaar het tot die dood van 34 mynwerkers gelei

Lees verder: Marikana, rondte 2

Nkandla nie met belastinggeld betaal nie

Die minister van openbare werke, Thulas Nxesi, sê die departement kon geen bewyse vind dat belastinggeld gebruik is om pres. Jacob Zuma se Nkandla-woning op te knap nie. Nxesi het die media Sondag in Pretoria toegespreek oor die verslag van die Nkandla-taakspan. Verdere besonderhede oor die ondersoek is nog nie bekend nie. Die taakspan is

Lees verder: Nkandla nie met belastinggeld betaal nie

Renosterstroper doodgeskiet

‘n Vermeende renosterstroper is in die Krugerwildtuin doodgeskiet en twee ander verdagtes is in hegtenis geneem, het die Valke gesê. Wildbewaarders het Saterdagoggend ‘n beseerde renoster opgemerk wat besig was “om vir sy lewe te vlug” en het gesien dat die dier ‘n skietwond het, het kaptein Paul Ramaloko gesê. Hulle het die bloedspoor gevolg

Lees verder: Renosterstroper doodgeskiet

Ramphele wil ‘land red’ met nuwe politieke beweging

Die apartheidsaktivis en akademikus dr. Mamphela Ramphele beplan blykbaar  om  tot die politiek toe te tree. Tydens ‘n onlangse besoek aan Amerika het dr. Ramphele gesê sy samel geld in vir ‘n politieke party en dat sy “die politiek betree om haar land te red. “Ramphele het ook ondersteuning van ambassadeurs gevra. Volgens Suid-Afrika se

Lees verder: Ramphele wil ‘land red’ met nuwe politieke beweging

Het die Afrikaanse letterkunde misluk?

Onlangs val dit my op dat Karel Schoeman reeds drie keer die Hertzogprys vir prosa ontvang het. Is daar só min bekroonbare skrywers in Afrikaans dat dit nodig was om Schoeman drie keer te beloon, wonder ‘n mens? Die Sweedse Akademie het dit nog geensins nodig gevind om enige Afrikaanse skrywer met ‘n Nobel te

Lees verder: Het die Afrikaanse letterkunde misluk?

VF+ eis skorsing van twee polisielede

Die Vryheidsfront Plus eis die onmiddelike skorsing van twee lede van die SAPD se Honde-eenheid nadat hulle na bewering die naweek ‘n lid van die publiek, mnr Bruce Swart van Germiston voor sy gesin aangerand het, sê mnr Jaco Mulder, VF Plus LPW vir Gauteng. Videomateriaal, afgeneem deur die kringtelevisiekameras van ‘n veiligheidskompleks en wat

Lees verder: VF+ eis skorsing van twee polisielede