Rykste vrou in Afrika

Isabel dos Santos, die oudste dogter van die Angolese president, Jose Eduardo Dos Santos, is Afrika se eerste vroue-miljardêr, het Forbes-tydskrif berig.

Die 40-jarige het haar eerste sakeonderneming in 1997 in die hoofstad Luanda begin – ‘n restaurant genaamd Miami Beach. Sy is nou op die rade van verskeie maatskappye in Angola en Portugal.

Sy het ‘n aandeel van 28% in ZON, Portugal se grootse TV-maatskappy.

Dos Santos besit ook 19,5% van Banco BPI, een van Portugal se grootste banke, berig Forbes.

Sy het verskeie maatskappye in Angola, insluitend ‘n aandeel van 25% in een van die land se twee telekommunikasiemaatskappye.

“Daardie aandeel alleen is minstens $1 miljard (R9 miljard) werd, volgens verskeie telekommunikasie-ontleders,” het Forbes gesê.

Angola se 27 jaar lange burgeroorlog het in 2002 geëindig en sedertdien het die land een van Afrika se petroleumuitvoerlande geword.

Данильченко

Maak 'n opvolg-bydrae