Johannesburgse metropolisiebeamptes het ‘n gewapende man Sondag by ‘n padblokkade doodgeskiet, het ‘n woordvoerder gesê.
Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder, het gesê die man het met ‘n vuurwapen verby die padblokkade in Jeppestraat gehardloop.
“Beamptes het hom beveel om stil te staan, waarna hy ‘n skoot op hulle afgevuur het. Hulle het hom weer beveel om stil te staan en die man het nóg ‘n skoot afgevuur, waarna beamptes teruggevuur het.”
Minnaar het gesê die man het vermoedelik weggehardloop nadat hy in ‘n gewapende rooftog betrokke was.
