Is dit ‘n teken of net Afrika-simboliek? Die zoemende insek het die kalklig gesteel van president Obama se aankondiging van nuwe lede van sy tweede administrasie.
Om en om die leier van die vrye wêreld se kop en toe, kaplaks, vierkantig op sy voorkop, in ware Afrikastyl, moes die toeskouers die insek se trajek met gespanne aandag volg.
Daarna het die besoeker op sy slaap gaan sit en toe sy bolip. Dit is die derde keer in sy termyn dat vlieë op hom toesak tydens ‘n amptelike toespraak. In 2009 en 2010 moes hy ook indringers wegklap.
Die jongste amptelike Wit Huis-transkripsie lees eenvoudig: “Hierdie ou pla my hier – (klap na ‘n vlieg.)”
Die president het vir sowat vyf minute van sy rede afgestaan aan ‘n huisvlieg.
