Die minister van openbare werke, Thulas Nxesi, sê die departement kon geen bewyse vind dat belastinggeld gebruik is om pres. Jacob Zuma se Nkandla-woning op te knap nie.
Nxesi het die media Sondag in Pretoria toegespreek oor die verslag van die Nkandla-taakspan.
Verdere besonderhede oor die ondersoek is nog nie bekend nie.
Die taakspan is aangestel nadat die besteding aan Zuma se tuiste groot omstredenheid veroorsaak het.
Volgens mediaberigte beloop die kostes meer as R200 miljoen.
Die departement van openbare werke het die werk aan die kompleks as ‘n veiligheidsopgradering beskryf.
