Drie wat miljoene van munisipaliteit steel kry borg

Drie van die vier mans wat daarvan beskuldig word dat hulle miljoene by ‘n munisipaliteit in Mpumalanga gesteel het, is Dinsdag op borgtog vrygelaat, het die Valke gesê. Die drie mans het in die Secunda-landdroshof verskyn en is op borgtog van R15 000 elk vrygelaat. Al vier sal weer saam op 21 Mei verskyn, het

Lees verder: Drie wat miljoene van munisipaliteit steel kry borg

Wit mans is Gauteng, SA se topverdieners

Wit mans in Gauteng verdien die meeste in Suid-Afrika, terwyl jong swart vroue in Limpopo die minste verdien, het die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRR) Dinsdag gesê. Volgens inligting wat Statistiek Suid-Afrika en die SAIRR ontleed het, werk wit mans gemiddeld in die gemeenskaps- en maatskaplike dienstebedryf (insluitend die regering), beklee vaardigheidsposte, behoort aan ‘n

Lees verder: Wit mans is Gauteng, SA se topverdieners

Wetenskaplikes ontsteld oor dodelike voëlgriepnavorsing

‘n Groep vooraanstaande wetenskaplikes het President Obama se raadgewers versoek om ondersoek in te stel na die etiese kwessies wat geopper is na ‘n besluit om ‘n hoogs aansteeklike vorm van die voël-griepvirus wat maklik tussen mense oorgedra kan word, te skep. Die wetenskaplikes, wat ‘n Nobelpryswenner insluit, het gesê dit is “moreel en eties

Lees verder: Wetenskaplikes ontsteld oor dodelike voëlgriepnavorsing

Noord-Korea, ‘n krisis wat vervaardig word

Die Verenigde State en die twee strydende Koreas kan ‘n warm oorlog veroorsaak, tensy beide Pjongjang en Washington ophou om mekaar te versondig. Net ‘n week of wat gelede was twee B-2 stealths non-stop van Amerika na Suid-Korea met kernwapens oppad, en weer huis toe. Hierdie “onsigbare” vliegtuig kan die GBU-43 / B MOAB 13.600

Lees verder: Noord-Korea, ‘n krisis wat vervaardig word

Ma van vermoorde kind weer aangeval

Liesl Botha, die ma van die vermoorde Alyssa Botha (13), is Sondag in Muldersdrift aangeval. Die kleinhoewe is naby ‘n plakkerkamp waar veral Zimbabwiërs woon. Botha is aan haar nek en arms met gebreekte glas gesny en gedreig. Lt.kol. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, het gesê twee inbrekers het omstreeks 02:00 deur die kombuisvenster by die huis

Lees verder: Ma van vermoorde kind weer aangeval

Heli-ongeluk: Swart vlieënier was ‘sonder ondervinding’

Sielkundiges van die weermag is inderhaas ontplooi vir ‘n spesiale ontlontingsessie in die Krugerwildtuin om die moontlike rassespanning ná ‘n helikopterongeluk wat deur ‘n onervare swart vlieënier veroorsaak is, te bestuur. Dit blyk dat die helikoptervlieënier wat die ongeluk veroorsaak het waarin ‘n wit kaptein dood is, nie ondervinding van “toestande in die wildtuin” gehad

Lees verder: Heli-ongeluk: Swart vlieënier was ‘sonder ondervinding’

‘Verkragters deurboor in Sjaka se tyd’

Pres. Jacob Zuma het die naweek gesê verkragters is in die verlede swaarder gestraf en aanvalle op vroue is ‘n skande. Hy het in Cato Ridge gepraat by ‘n kulturele geleentheid om hulde te bring aan Meva Ngubane, ‘n ANC-figuur. Sy was ‘n groot voorstander van swart tradisie en gebruike. “In die dae van Ilembe

Lees verder: ‘Verkragters deurboor in Sjaka se tyd’

Motief vir Britse soldaat se dood in Durban duister

Die mans wat vermoedelik betrokke was by ‘n bakleiery wat gelei het tot die dood van Brett Williams, ‘n voormalige Britse marinier, sal hulle waarskynlik vandeesweek by die polisie aanmeld. Die motief vir die bakleiery is steeds duister. Lt.kol. Vincent Mdunge, polisiewoordvoerder, het bevestig die mans se regsverteenwoordigers het met die polisie ooreengekom oor die saak.

Lees verder: Motief vir Britse soldaat se dood in Durban duister

DA wil Frankryk in SAR help

Die Demokratiese Alliansie beplan om ‘n dringende mosie ter tafel lê om pres. Jacob Zuma te dwing om alle Suid-Afrikaanse troepe uit die Sentraal Afrikaanse Republiek (SAR) te onttrek, is Maandag berig David Maynier, DA-woordvoerder oor verdediging, het aan die media in Kaapstad gesê dit moet troepe insluit wat glo na die Demokratiese Republiek van

Lees verder: DA wil Frankryk in SAR help