Hospitale in die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR) is sonder mediese personeel en burgers verkies om in hul huise te bly, selfs al is hulle gewond, het die hulporganisasie Medecins Sans Frontieres (MSF) Dinsdag gesê. Dit volg nadat die selferkende president van die land die grondwet nietig verklaar het. Ná die militêre staatsgreep deur die Seleka-rebellekoalisie het
Name bekend van gesneuwelde soldate in SAR
Die 13 Suid-Afrikaanse soldate wat dood is in gevegte met rebelle in die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR) is Dinsdag deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) bekendgemaak. Volgens die SANW is korporaals Mokgadi Darius Seakamela en Ntebaleng Andrew Mogorosi en onderkorporaals Daniel Sello Molara en Lukas Mohapi Tsheke onder Sondag se slagoffers. Die soldate wat dood is,
Brit doodgeskop in rugby-onderonsie
‘n Britse man van die Verenigde Koninkryk is dood toe ‘n woordewisseling in geweld ontaard het buite die Absa-stadion in Durban, het die polisie gesê. Die voorval het ná die wedstryd tussen die Rebels en die Sharks plaasgevind. “‘n Stryery het tussen ‘n groep mense ontstaan. Ons weet nie wat die geveg veroorsaak het nie,”
Bankrot IDASA sluit deure
Idasa het “met leedwese”, die sluiting van hulle “gerespekteerde organisasie” aangekondig. Die raad het die “onvermydelikheid van die veranderende omstandighede” as rede aangevoer vir die sluiting. Die organisasie is bankrot. ‘n Aansoek sal op 2 April by die Noord Gauteng Hoërhof vir die likwidasie van Idasa aangehoor word. Dit sal gebeur tensy aansienlike onmiddellike bykomende
Brics beskuldig van neo-kolonialisme
China se Ontwikkelingsbank gaan sowat 45 miljard rand aan Transnet leen om Suid-Afrika se verouderende spoorweë op te gradeer. Die nuusagentskap Reuters berig dat ‘n amptelike aankondiging oor die transaksie by die BRICS-beraad in Durban gedoen sal word. Transnet vervoer produkte soos steenkool en ystererts vir uitvoer na die grootste hawens. Die maatskappy beplan om
EU lig sanksies teen ‘voorbeeldige’ Mugabe
Die Europese Unie (EU) het die meeste sanksies teen Zimbabwe opgehef as beloning vir die vreedsame referendum vroeër die maand. Volgens RSG is pres. Robert Mugabe en sy vrou egter steeds op die sanksielys saam met amptenare van die land se weermag. Die EU het gesê die opheffings dui op ‘n grootskaalse skuif in sy
Indiese politieke leier sterf in sluipmoord
‘n Leier van ‘n politieke party is Dinsdag by sy huis in die Indiese hoofstad Nieu-Delhi doodgeskiet, het die polisie gesê. Deepak Bhardwaj, van die Bahujan Samaj Party, ‘n groot party wat aktief is in die land se mees dig bevolkte staat, Uttar Pradesh, is by sy plaashuis deur drie ongeïdentifiseerde mans vermoor. Die 61-jarige,
Franse lei SA glo in ‘n lokval in SAR
Suid-Afrikaanse soldate wat betrokke was in die die stryd wat 13 ure geduur het in die Sentraal-Afrikaanse Republiek en waarin 13 van hulle gesneuwel het, sê hul missie het niks met “opleiding” te make gehad nie. Daar word bespiegel dat die Franse weermag die Suid-Afrikaners gebruik het as lokaas om hul eie doelwitte in die
Brics-spitsberaad skop in Durban af
President Jacob Zuma het die belangrikheid van Suid-Afrika se betrekkinge met China benadruk voor president Xi Jinping se besoek aan die Uniegebou in Pretoria. Die nuutverkose Chinese staatshoof is in die land vir die BRICS-beraad wat vandag in Durban begin. Die twee leiers sal na verwagting verskeie ooreenkomste onderteken. Zuma sal vanmiddag ook president Vladimir
Druk op Zuma om soldate terug te bring
Versoeke is aan die toeneem dat die oorblywende Suid-Afrikaanse soldate in die Sentraal Afrikaanse Republiek na Suid-Afrika terugkeer. Die hoofsekretaris van Cosatu, Zwelinzima Vavi, sê soldate behoort ontplooi te word as deel van ‘n Afrika Unie-mandaat en hulle het ‘n president beskerm wat uit die land gevlug het. Die Vryheidsfront Plus en die Suid-Afrikaanse Nasionale
