Suid-Afrikaanse soldate wat betrokke was in die die stryd wat 13 ure geduur het in die Sentraal-Afrikaanse Republiek en waarin 13 van hulle gesneuwel het, sê hul missie het niks met “opleiding” te make gehad nie.
Daar word bespiegel dat die Franse weermag die Suid-Afrikaners gebruik het as lokaas om hul eie doelwitte in die SAR te bereik en dat die Suid-Afrikaners se betrokkenheid deur die Franse regering aangevra is om hule koloniale heerskappy te hervestig.
Blykbaar het die Franse reeds ‘n ander leier in die oog wat na hulle pype sal dans, en het hulle Suid-Afrika gebruik om Bozize uit die pad te kry.
Gedurende die skermutseling het die meeste Suid-Afrikaanse valskerm- en ander soldate se ammunisie opgeraak. Hulle sê hul verklaarde missie was “twak” en hulle was in werklikheid daar in ‘n “poging om president Francois Bozize in die kussings te hou”.
Dié nederlaag is die land se ergste militêre terugslag sedert 1994. Ten minste een soldaat word nog steeds vermis en gevegte in die hoofstad Bangui duur voort.
By die opening van die Brics-beraad in Durban, het President Jacob Zuma gesê Suid-Afrika het ingestem om die Sentraal-Afrikaanse Republiek se leër met infanterie, artillerie, spesiale magte, logistiek en bestuursopleiding toe te rus. Suid-Afrika het ingestem om te help met die opknapping van militêre infrastruktuur in Bouar en Bangui.
“Dit is ‘n grap,” sê een van die soldate wat nog steeds in Bangui is.
“Ons moes nooit hier gewees het in die eerste plek nie. Al wat ons doen, is om ‘n ander diktator te beskerm en te verseker dat hy vasklou aan mag maak nie saak wat nie.” Die ironie is dat Suid-Afrika tans ‘n wit koloniale mag in Afrika steun.
Die “opleiding”, het die soldaat gesê, was hoofsaaklik om Bozize te beskerm.
“Toe die papaja die waaier tref, het hy gevlug met ons hulp en ons word sonder enige beskerming gelaat,” het hy gesê.
Maar die SANW-hoof, luitenant-generaal Solly Shoke, het die sending as legitiem beskryf.
Nog ‘n soldaat het gesê die idee dat die Suid-Afrikaners militêre bates sou beskerm, is onsin.
“As ons regtig hier was om bates te beskerm en bekommerd was dat hulle in die hande van die vyand val, waarom nie die bevel uitreik om hulle te vernietig en dan ‘n taktiese onttrekking doen om weer later te veg wanneer ons versterkings het nie?
“Wat hier gebeur het, is baie verdag … die waarheid moet uitkom om diegene wat hier vermoor is te eerbiedig… om seker te maak dat ons vriende nie tevergeefs gesterf het nie,” het hy gesê.
Gevra oor moontlike onttrekkings, versterkings en of die troepe bereik kon word, het Shoke gesê dat die SANW op “politieke instruksies wag”.
In teenstelling met amptelike verslae, het een soldaat gesê 16 van sy kollegas is vermoor in ‘n geveg wat twee dae geduur het.
Bozize het in 2003 met ‘n staatsgreep die mag oorgeneem, soos ‘n ware Afrika-diktator.
