In hierdie rubriek reageer ek op die debat oor die opposisie-politiek wat na aanleiding van Jan-Jan Joubert se artikel in die Johannesburgse dagblad Beeld ontstaan het. Ten eerste word gehandel met die “antropologiese” perspektief op die ANC as ‘n Afrika-beweging wat nie vir adversatiewe politiek vatbaar is nie. In die tweede plaas word die posisie van die opposisie behandel teen die agtergrond van die strukturele probleem wat deur Suid-Afrika se sentralistiese grondwet teweeg gebring is.
Amateur-antropoloë en opposisiepolitiek

Die stof wil nog nie gaan lê oor mev. Helen Zille se verkiesing as leier van die DA nie. Pleks van ’n intellektuele of politieke debat oor Zille se toekomstige beleidsrigtings, gaan dit egter oor ’n taamlik onsmaaklike sms wat mnr. Pat Hill na bewering rondgestuur het en waarin daar verwys word na Zille as “die laaste spyker in die Afrikanerdoodskis”.