Die padsterftesyfers vir Desember 2009 is glo heeltemal verkeerd en is dalk baie meer as in 2008, beweer ‘n kenner. Volgens Rob Handfield-Jones, die besturende direkteur van driving.co.za, is die departement van verkeer se bewerings nie korrek nie. Die departement het verlede week bekendgemaak dat sowat 1050 mense sedert 1 Desember tot 31 Desember 2009
Koue eis 13
Minstens 13 mense is gedurende die langnaweek tydens Nuwejaar in Pole dood toe temperature tot by -25 grade Celsius gedaal het. Dit bring die land se sterftesyfer weens die koue Europese winter tot by 122, het polisie Maandag gesê. Volgens owerhede was die meeste slagoffers hawelose mans tussen die ouderdomme van 35 en 50 jaar.
VSA ‘diskrimineer’ teen Nigerië
Die nuwe veiligheidsmaatreëls vir passasiers wat na of van die VSA vlieg, is Maandag deur Nigerië as “onregverdig” beskryf. Die Afrikaland meen die nuwe regulasies diskrimineer teen soveel as 150 miljoen mense. Die VSA het onlangs aangekondig dat reisigers van 14 lande, insluitende Nigerië, onderhewig sal wees aan strenger veiligheidsmaatreëls op Amerikaanse lughawens. Die opskerping
Hoogste gebou gedoop
Die wêreld se hoogste gebou is Dinsdag in Doebai geopen. Volgens die WAM-nuusagentskap is die gebou die Burj Khalifa gedoop om eer te betoon aan die leier van die Verenigde Arabiese Emirate (VAE), Sjeik Khalifa bin Zayed al-Nahayan. Volgens ’n multimediavoorlegging by die openingseremonie is die gebou 828 m hoog. Die opening van die Burj
Mpumalanga sal nie nou matriekuitslae vrystel
Matriekleerlinge in Mpumalanga sal nie Donderdag hulle uitslae ontvang nie, het die gehaltebeheerliggaam Umalusi Maandag bevestig. “Umalusi vra die leerlinge en hulle families om verskoning vir enige ongerief, maar glo dat uitslae wat wel vrygestel word geloofwaardig moet wees,” het prof. John Volmink, voorsitter van die Umalusi-raad, gesê tydens ’n mediakonferensie. Dié besluit kom ná
Zuma-bruilof ‘uit Donker Eeue’
Die leier van die Christelike Demokratiese Party het president Jacob Zuma se tradisionele troue as ‘n “reuse-stap terug na die Donker Eeue” beskryf. Die jongste huwelik van pres. Jacob Zuma met ‘n vrou by wie hy glo reeds drie kinders verwek het, en die kommerwekkende terugkeer na voorvader-aanbidding soos met die voorgenome rituele slagting van
Oor Obama hang ‘n donker wolk
‘n Donker wolk hang oor president Barack Obama as hy Maandag weer sy taak in Washington hervat. Nie alleen sit hy met die ergste ekonomiese krisis wat die land in 70 jaar teister nie, maar sy velkleur wat veronderstel is om hom teen kritiek te vrywaar en wat hy tot dusver met sukses in die
Dekade van vrees?
Enkele maande voor die Britse Premier, die Arbeider, Gordon Brown, ‘n algemene verkiesing moet afkondig wat hy bykans vir seker teen die Konserwatiewe Party gaan verloor, spreek hy die moontlikheid uit dat terreur dalk van die komende dekade een van vrees kan maak. Die aankeer van ‘n Nigeriër aan boord van ‘n vlug van Amsterdam
Nuwejaar weer met brandende motors gevier
Om motors te brand in Parys en ander groot stede in Frankryk se arm swart buurte, is niks nuuts nie en Nuwejaar moet talle voertuigeienaars dit weer ontgeld. Die aantal voertuie wat in ligte laaie gelaat is hierdie jaar is net 10 minder as die rekordaantal van 1 147 motors wat verlede jaar in die
WP Nel: Wat is in Loeriesfontein se water?
WP Nel, die jong Cheetahstut wat in een seisoen die verbeelding soos selde aangegryp het, is ‘n boorling van Loeriesfontein in die Noordweste. Nel het nie net in 2009 vernietigend geskrum nie, maar ook gereeld agter die doellyn gaan kuier soos sy drie in die halfeindstryd teen die Sharks getuig. Sy seisoen het ‘n naasbeste
