praag.co.za

Nuwejaar weer met brandende motors gevier

Om motors te brand in Parys en ander groot stede in Frankryk se arm swart buurte, is niks nuuts nie en Nuwejaar moet talle voertuigeienaars dit weer ontgeld.

Die aantal voertuie wat in ligte laaie gelaat is hierdie jaar is net 10 minder as die rekordaantal van 1 147 motors wat verlede jaar in die feestyd uitgebrand is, ten spyte van die geweldige polisieteenwoordigheid.

Die Franse ministerie van binnelandse sake het 45 000 polisiemanne in die veld gestoot om die brandstigting te verhoed hierdie jaar, 10 000 meer as 12 maande gelede.

Die polisie het 549 mense aangehou ivm geweld en brandstigting in vergelyking met 288 gedurende die Nuwejaarsvieringe in 2009.

Daar was egter geen direkte skermutselinge tussen polisielede en swart jeugdiges wat soos in die verlede die nuus gehaal het nie. Die ministerie het in ‘n verklaring gesê die “paar opstootjies wat daar was, is vinnig onder beheer gebring”.

Die Franse owerhede het hulle inligtingsinsameling en skarebeheer intussen opgeknap, maar kon nog nie ‘n antwoord vind vir die groeiende anti-wit sentimente in swart woonbuurte nie.

play live casinoлобановский обыск

Comments

Leave a Reply