Laat ek dit onomwonde stel: ek is ‘n ondersteuner van die Bulle. Hoe dan anders vir ‘n oud-Tukkie en inwoner van Verwoerdburg? Ek is egter bevrees dat dinge nie so goed sal lyk vir mense soos ek op 1 November 2009 nie. Op daardie datum gaan die Vrystaat die Curriebekerkampioen wees, as jy my vra.
Vonke spat by minderheidskonferensie
‘n Groepie Afrikaneraktiviste wat die regering en die swart meerderheid kaalvuis gepak het oor diskriminasie en geweld teen minderhede, het gister ‘n warm onderonsie by die SA Menseregtekommissie se hoofkantoor in Parktown, Johannesburg veroorsaak. 21 Oktober is Afrikanmenseregtedag en die doel van gister se konferensie oor “Minderheidsregte in Suid-Afrika” was om ‘n konsepverslag oor dié
Blink motors, vrot paaie
Dit sal baie interessant wees om uit te vind waarom die meeste ANC ministers díé spesifieke motorfabrikate verkies, wat hulle só ruimskoots met belasting geld aankoop. Dit is gewoonlik swart en baie luuks met laeprofiel bande. Met ander woorde, die motor se bakwerk is baie naby aan die padoppervlak. Mnr. Trevor Manuel, minister van “wie
VF+ eis Khompela se kop
“Die VF Plus verwerp met minagting die laakbare stellings van die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor Sport, Butana Khompela, wat hy tydens gister se vergadering gemaak het asook die dreigemente teenoor die President van die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF), Lamine Diack,” sê adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se Parlementêre woordvoerder oor Sport.
Teebediende word finansiële hoof
Sicelo Shiceka, minister van die departement van koöperatiewe regering en tradisionele sake, het Woensdag in Boksburg op die department se nasionale indaba ’n oorsigverslag, State of Local Government in South Africa, bekend gestel. Die verslag is saamgestel nadat taakspanne van die departement die 283 munisipaliteite in die land besoek het tussen April en Augustus vanjaar.
Kovsies kry swart SV-voorsitter
Die studente aan die Universiteit van die Vrystaat se hoofkampus in Bloemfontein het hulle eerste swart studenteraadsvoorsitter verkies. Volgens Lacea Loader, woordvoerder van die UVS, is die nuwe voorsitter ‘n BA Filosofie-student en is hy ook lid van die studente-organisasie Sasco. Moses Masitha, was in 2007/2008 die ondervoorsitter van die studenteraad. Altesame 6926 studente het
Duitse spelers gaan koeëlvastebaadjies kry vir 2010
Sokkerspelers in Duitsland is Woensdag gewaarsku dat hulle tydens volgende jaar se toernooi koeëlvastebaadjies in Suid-Afrika sal moet dra wanneer hulle van die hotel wegbeweeg. Die hoof van die Leverkusen-gebasseerde sekuriteitsfirma BaySecur, wat na die Duitse Sokker Federasies (DFB) en hul gaste omsien wanneer die nasionale span in die buiteland speel, het gesê sterre soos
Lees verder: Duitse spelers gaan koeëlvastebaadjies kry vir 2010
Staatshospitale ‘kritiek’
Die parlement moes Woensdag hoor dat Suid-Afrika se staatshospitale in ‘n swak toestand is danksy ‘n drastiese tekort aan dokters in die land. Volgens prof. Bongani Mayozi, die hoof van interne geneeskunde aan die Universiteit van Kaapstad, neem dit sowat drie dae voordat pasiënte in staatshospitale ‘n bed ontvang. “Dit neem sowat 24uur ‘n dag
Vlugtelingstatus hersien
Die Kanadese minister van immigrasie, Jason Kenney, is in die hof om die uitgeweke Brandon Huntley se vlugtelingstatus te laat hersien. Sy regsverteenwoordiger, John H Simms, het die federale hof gevra om die saak weer aan te hoor en die vorige uitslag nietig te verklaar. “Die tribunaal het sy besluit op ‘n verkeerde feit gebaseer
Die krag van lag
{jathumbnail off} жакет для девочки 8 летлобановский александр жена
