Teebediende word finansiële hoof

Sicelo Shiceka, minister van die departement van koöperatiewe regering en tradisionele sake, het Woensdag in Boksburg op die department se nasionale indaba ’n oorsigverslag, State of Local Government in South Africa, bekend gestel.

Die verslag is saamgestel nadat taakspanne van die departement die 283 munisipaliteite in die land besoek het tussen April en Augustus vanjaar.

Volgens die verslag is daar verskeie redes waarom so baie munisipaliteite ineengestort het. ‘n Gebrek aan vaardighede en aanstellings van onbekwame mense word ondermeer daarin genoem.

In een geval is ’n teebediende as ’n munisipaliteit se finansiële hoof aangestel, het die taakspan wat die munisipaliteite vroeër vanjaar geëvalueer het, gevind.

“Een van die taakspanne het byvoorbeeld by ’n munisipaliteit uitgevind ’n teebediende het die finansiële hoof geword.”

By ’n ander munisipaliteit is poste geadverteer sodat “mentors” vir die munisipale bestuurder en finansiële hoof aangestel kon word. “Dit is straks gemaak weens ’n gebrek aan kapasiteit of oor persoonlike agendas, maar dit sou nie die geval gewees het as strenger maatreëls vir menslike hulpbronnebestuur in plek was nie.”

Shiceka het gesê dit is duidelik dat ’n nuwe benadering nodig is op plaaslike regeringsvlak.

“Ons benodig munisipaliteite wat reaktief, verantwoordbaar en doeltreffend is.”

Shiceka sê ’n omvattende omkeer sal voor die einde van die jaar aan die kabinet voorgelê word.

 

настенно потолочные светильники arte lamptopcargo

Maak 'n opvolg-bydrae