Staatshospitale ‘kritiek’

Die parlement moes Woensdag hoor dat Suid-Afrika se staatshospitale in ‘n swak toestand is danksy ‘n drastiese tekort aan dokters in die land.

Volgens prof. Bongani Mayozi, die hoof van interne geneeskunde aan die Universiteit van Kaapstad, neem dit sowat drie dae voordat pasiënte in staatshospitale ‘n bed ontvang.

“Dit neem sowat 24uur ‘n dag vir ons om 50% van die mense in ‘n bed te kry,” het hy gesê.

“Hierdie mense is siek en wag op stoele of in trollies. Hulle moet opgeneem word. Sommiges wag tot drie dae,” het hy gesê.

Prof. Mayozi is van mening dat hierdie situasies totaal onaanvaarbaar is. “Ons sal dit vir niemand toewens nie.”

Volgens hom word operasies ook uitgestel en afgeskaal omdat daar nie genoegsame toerusting is nie. Die opleiding van nuwe dokters het glo ook drasties afgeneem.

“As jy oorlog toe gaan, moet jy soldate hê. Jy kan nie ‘n oorlog wen sonder soldate nie.”

Op die huidige tydstip is daar 0.58 dokters vir elke 1000 persone in Suid-Afrika. In Brasilië en Mexiko is daar ten minste 2 dokters vir elke 1000 persone.

“Hierdie statistieke het ‘n invloed op die hoeveelheid sterftes wat jaarliks in Suid-Afrika plaasvind. Al hoe meer babas sterf met geboorte en al hoe meer mense sterf weens aansteeklike siektes,” het Mayozi gesê.

Daar is al hoe meer druk op staatshospitale en al hoe minder hulpbronne beskikbaar.

“Die rede vir hierdie situasie is omdat daar die afgelope 15 jaar nie genoeg geld in die gesondheidsektor belê is nie.”

Volgens Andries Stulting, waarnemende hoof van die skool vir geneeskunde aan die Universiteit van die Vrystaat, is die provinsies se gesondheidsektor in ‘n kritieke situasie.

“Daar is ‘n ineenstorting van die stelsel in die Vrystaat. Ek wens ek kon vir julle goeie nuus gee, maar daar is ongelukkig nie goeie nuus nie,” het hy gesê.

 

шапочки для купания новорожденных купитьпрокурор харьковской области

Maak 'n opvolg-bydrae