Die studente aan die Universiteit van die Vrystaat se hoofkampus in Bloemfontein het hulle eerste swart studenteraadsvoorsitter verkies.
Volgens Lacea Loader, woordvoerder van die UVS, is die nuwe voorsitter ‘n BA Filosofie-student en is hy ook lid van die studente-organisasie Sasco. Moses Masitha, was in 2007/2008 die ondervoorsitter van die studenteraad.
Altesame 6926 studente het Woensdag aan die verkiesing op die hoofkampus deelgeneem. Die verkiesing is onder die toesig van Sasco, die VF+, die DA en Cope gedoen.
Volgens Loader het prof. Thomas Acho, hoofverkiesingsbeampte, die verkiesing as regverdig en eerlik bestempel.
