Westerse magte stres oor Iran se satelliettegnologie

Westerse magte worstel om Iran se kernambisie hok te slaan en sê hulle is “intens besorg” oor die Islamitiese Republiek se tegnologiese sprong met die lansering van hulle eerste binnelandsgeboude satelliet in 'n wentelbaan in.

Die tegnologie om satelliete te lanseer is “uiters soortgelyk aan ballistiese (missiel)-vermoë,” sê 'n segsman vir die Franse buitelandse ministerie, Eric Chevallier.

“Ons kan nie anders as om dit te koppel aan die uiters ernstige bedenkinge oor die ontwikkeling van 'n militêre kernvermoë nie.”

In Washington het die nuwe administrasie van President Barack Obama gesê Iran se aksie sal nie stabiliteit in die Midde Oosterse streek bevorder nie.

“Pogings om missielafleweringsvermoë te ontwikkel, pogings om 'n onregmatige kernprogram te begin, of die dreigemente wat Iran jeens Israel maak en die land se ondersteuning van terreur is van diepgaande kommer vir hierdie administrasie,” sê die Withuissegsman, Robert Gibbs.

Iran het sy Omid (Hoop)-satelliet Maandag die ruimte ingestuur. Dit is vervoer deur die tuisgeboude Safir-2 ruimtevuurpyl, berig plaaslike nuusagentskappe.

'n Amerikaanse amptenaar het bevestig dat “dit voorkom asof die Iraniërs die lansering van 'n laewentelbaansatelliet uitgevoer het.”

Die Duitse minister van buitelandse sake, Frank-Walter Steinmeier noem dit 'n “sorgwekkende ontwikkeling” wat “die tegniese prestasies” toon “waartoe Iran in staat is, en ook oor die dreigemente.”

Iran se president, Mahmoud Ahmedinajad het die lansering lof toegeswaai en verklaar dat sy land “amptelik 'n teenwoordigheid in die ruimte behaal het.”

Maar die tydsberekening het ook die besorgdheid in die internasionale gemeenskappe verhoog.

Die aankondiging van die lansering het gekom op die vooraand van 'n vergadering in Duitsland van senior diplomate van die vyf permanente lede van die VN se Veiligheidsraad asook Duitsland wat deurlopend probeer om die kernwrywing met Iran tot 'n einde te bring.

Ongeag VN-sanksies gaan Teheran voort om alle oproepe te weerstaan om sy uraanverryking te bevries.

Die Weste verdink Teheran daarvan dat hulle verrykte uraan wil hê om 'n kernbom te bou, 'n aanklag wat Teheran ontken terwyl hy aanvoer sy kernwerk is vir vreedsame energiedoeleindes.

“Ons het vir jare probeer om Iran te verhoed om sy eie kernprogram en eie kernwapens te ontwikkel. Tot dusver het ons nie geslaag nie,” sê Steinmeier en hy wys daarop dat gesamentlike pogings met Washington nou nog dringender is.

As Iran se aartsteenstander in die Midde-Ooste sien Israel Teheran se kernveldtog as 'n grootskaalse bedreiging en die Israelse verdedigingsminister het gister by Washington aangedring om nie die opsie van militêre optrede teen die Islamitiese Republiek uit te sluit nie.

Ahmadinejad verwerp egter die aantygings.

“Ons het 'n goddelike uitkyk op tegnologie, anders as die oorheersende wêreldmagte wat Sataniese visies het,” sê hy.яхтингФільчаков прокурор

Gasa-vuurpyl land in Israeli-stad

'n Vuurpyl wat afgevuur is uit die Hamasbeheede Gasastrook het Dinsdag in die Israeli stad Ashkelon geland, maar geen beserings veroorsaak nie, het Israelse Amptenare gesê.

Daar was geen onmiddellike erkennings van verantwoordelikheid vir die aanval van Palestynse gewapende faksies in Gasa nie. Die gebied herstel steeds na 'n moordende 22-dae lange Israelse aanval wat die Joodse staat gesê het bedoel was om die Islamitiese Hamasgroep te straf vir soortgelyke vuurpylaanvalle.

Daar was sporadiese vuurpyl en mortieraanvalle sedert die skietstilstand op 18 Januarie inwerking getree het, en die het lugaanvalle van die Israeli's op Gasa ontlok.

Israel, wat volgende week 'n verkiesing hou, het gesê hulle wil nie 'n nuwe volskaalse offensief begin nie.

Ashkelon se burgemeester, Benny Vaknin het aan Radio Israel gesê dat die Grad-vuurpyl die "hart van 'n woongebied getref het."

"Gelukkig het dit in 'n oop gebied geland," het hy gesê.

Ashkelon is 12 kilometer van die Gasastrook af, buite die bereik van tuisgemaakte vuurpyle wat gereeld deur die Palestyne gebruik word. Fabrieksvervaardigde Grad-vuurpyle, wat in Gasa ingesmokkel word van Egipte af het 'n langer trefafstand.

"Vir sover my kennis strek, wanneer dit 'n Grad-vuurpyl is, is dit van Hamas af," het Vaknin gesê.укладка ламината сколько стоитлобановский класс харьков

Serwi?r verloor app?l teen uitlewering oor oorlogsmisdade

'n Selferkende Serwiese paramilitêre bevelvoerder het Dinsdag sy appèl teen uitlewering aan Kroasië, waar hy moet teregstaan vir oorlogsmisdade, verloor.

Dragan Vasiljkovic (54) het beskuldigings ontken dat hy beveel het dat ondergeskiktes moord moet pleeg en op burgerlikes moet skiet gedurende die bloedige verdeling van die voormalige Joegoslawië in die vroeë 1990's, en het teen sy uitlewering gestry sedert 2006. Hy het wel nog metodes oop om appèl aan te teken na Dinsdag se uitspraak.

Federale regter, Dennis Cowdroy het Dinsdag Vasiljkovoc se appèl teen 'n laer hof se uitspraak verwerp en die Kroatiese regering se uitleweringsversoek gesteun.

Cowdroy het Vasiljkovic se bewerings van vooroordeel teen hom in die vorige verhoor verwerp, asook die bewering dat hy nie 'n regverdige verhoor sal kry in Kroasië nie.

Vasiljkovic het nie onmiddellik gereageer op die uitspraak, of gesê of hy in 'n hoër hof gaan appelleer nie.

Vasiljkovic, 'n Australiese burger is in 2006 gearresteer op versoek van die Kroatiese regering, wat hom beskuldig het van oorlogsmisdade wat hy gepleeg het toe hy in bevel was van 'n rebelle Serwiese paramilitêre eenheid gedurende die 1991-93 Serwies-Kroatiese oorlog. уличные светильники наФільчаков Олександр Васильович

Menseregtegroep vra Kongo om Ntaganda aan strafhof te oorhandig

'n New York gebaseerde menseregte advokaat het Maandag 'n beroep gedoen op die DRK om die voormalige rebelleleier Bosco Ntaganda te arresteer en te oorhandig aan die internasionale kriminele hof vir 'n verhoor.

"Ons doen 'n beroep op julle om aan julle juridiese diens opdrag te gee om Ntaganda te arresteer en oor te dra aan die jurisdiksie van die IKH (internasionale kriminele hof)," het Human Right Watch (HRW) in 'n brief aan die Kongolese president Joseph Kabila geskryf.

"Kongo is deel van die Rome-statuut wat die IKH gestig het, en het dus 'n wetlike verpligting om met die hof saam te werk, insluitend die aankeer van persone vir wie daar lasbriewe uitgemaak is en om hulle aan die hof te oorhandig," het HRW bygevoeg.

Ntaganda, 'n voormalige militêre leier in die Nasionale Kongres vir die Verdediging van die Mense (NKVM) groep wat in die oostelike Kongo gestasioneer is, is die onderwerp van 'n lasbrief vir arrestasie vir die beweerde gebruik van kindersoldate in 2002 en 2003.

Verlede maand het Ntaganda gesê dat hy Laurent Nkunda omver gegooi het as leier van die NKVM en later het hy beweer dat die groep vrede gemaak het met die Kinshasa regering.
хрустальную люструлобановский харьков

Soedannese bomme klap naby dorp in Darfoer

Soedannese vliegtuie het Maandag bomme gegooi naby aan 'n dorp wat deur rebelle beset word in Darfoer, nadat die regering gevra het dat die vredesmaglede die gebied moet verlaat voor die beplande aanval, het die internasionale mag gesê.

Duisende burgerlikes het skuiling gesoek rondom 'n basis wat bestuur word deur 'n gesamentlike VN/Afrika Unie mag in Darfoer, suid van die dorp Muhajiriya, het 'n woordvoerder vir die vredesmagte gesê.

UNAMID het gesê Khartoem het Sondag gevra dat vredesmaglede onttrek omdat die weermag gereedmaak om die dorp terug te neem van rebelle van die Justice and Equality Movement (JEM) wat die dorp verlede maand oorgeneem het.

"Maar ons gaan nie padgee terwyl daar duisende ontwortelde mense rondom ons kamp is nie," het UNAMID woordvoerder Noureddine Menzi gesê. "Die Soedanese regering behoort te weet dat hulle aksies die burgerlikes en ook UNAMID in gevaar stel."

Die UNAMID sending is onderbeman en het ook te min toerusting terwyl spanning oplaai in Darfoer voor die verwagte besluit van die Internasionale Kriminele Hof of hulle president Omar Hassan al-Bashir gaan vervolg vir oorlogsmisdade.

Menzi het gesê bemiddelaars het probeer om gesprekke met die regering en rebellegroepe aan die gang te kry om gevegte oor Muhajiriya te voorkom.

UNAMID amptenare het gesê dat vredesmaglede berig het oor bomme wat Maandag sowat 3 kilometer oos van die dorp geval het. Niemand van die Soedanese weermag was onmiddellik beskikbaar vir kommentaar nie.

Lugaanvalle in Darfoer is verbied in 'n VN Veiligheidsraadresolusie, maar Soedan se weermag het gesê dat hulle die reg het om rebellemagte wat nie die vredesooreenkoms onderteken het nie, te konfronteer.

Menzi het gesê die VN/AU verteenwoordiger in Darfoer, Rodolphe Adada, het Maandag senior regeringsamptenare in Khartoem ontmoet om 'n einde aan die krisis in die suid-Darfoer dorp te bewerkstellig.

VN/AU onderhandelaar, Djbril Bassole het beplan om na naburige Tsjaad te vlieg om rebelle leiers te ontmoet, het hy gesê.сауна русские баниtopcargo развод

Israel en Hamas weer aanmekaar in vergeldingsaanvalle

Maandag het Israel weer lugaanvalle uitgevoer terwyl Palestyne mortieraanvalle geloods het ten spyte van 'n skietstilstand in die Hamasbeheerde Gazastrook, maar Israel se minister van verdediging het gesê 'n wyer offensief was nie in die pyplyn nie.

In reaksie op Egipte se pogings om 'n langtermyn vredesverdrag in plek te kry het 'n Hamaswoordvoerder gesê dat hulle bereid sal wees om vyandighede te staak vir 'n jaar of meer indien 'n ooreenkoms bereik kan word om Israel se blokkade oop die Gazastrook heeltemal te lig en grensposte te heropen.

'n Israelse vliegtuig het 'n motor in Rafah in suidelike Gaza aangeval, op die Egiptiese grens, waarin een militant dood is en drie ander gewond is. Mediese beamptes het hulle geïdentifiseer as lede van die Populêre Weerstandkomitees.

Die Israelse weermag het gesê hulle teiken was 'n peloton wat twee mortiere in suidelike Israel in afgevuur het. 'n Polisiewoordvoerder het gesê dat geen skade of besering ontstaan het uit die aanvalle nie.

Sondag het Israeli vliegtuie 'n Hamas sekuriteitskompleks aangeval, asook smokkeltonnels onder die Gaza-Egipte grens.

Daar was geen beserings aangemeld in die aanvalle nie, het die Israelse weermag gesê. Die aanvalle het gevolg na omtrent 'n dosyn vuurpyle en mortiere Sondag in Israel in afgevuur is, wat twee Israelse soldate en 'n burgerlike gewond het.

Eerste minister Ehud Olmert het Sondag gesê dat buitensporige militêre reaksie sal plaasvind teen die aanhoudende vuurpylsalvo's wat Palestynse militante beskryf het as vergelding vir nuwe Israeli aanvalle.

Die minister van verdediging het wel gesê Israel sal stop net duskant 'n volskaalse oorlog.

Met Amerikaanse steun werk Egipte om 'n langtermyn vredesooreenkoms in plek te kry wat Hamas se wapensmokkelary na Gaza sal stopsit en ook kan lei tot 'n heropening van die grensposte, wat een van Hamas se vereistes is.

"Hamas is gereed om die Palestynse owerheid by die grensposte te aanvaar, insluitend die Rafah-kruising, maar het gesê dit sal 'n kosmetiese teenwoordigheid wees," het 'n senior EU diplomaat gesê. "Die vraag is of Israel dit sal aanvaar. Ek sien nie dat dit in die praktyk kan werk nie."дизайн баниФільчаков Олександр Васильович

Obama se halfbroer gearresteer

George Obama, die Keniaanse halfbroer van president Barack Obama sal nie aangekla word na hy die naweek in ’n dwelmklopjag gearresteer is nie, het polisie Maandag gesê.

“Hy is gevang saam met ʼn paar ander jongmense en een van hulle was in besit van dagga gevind,” het Keniaanse polisiewoordvoerder Eric Kiraithe gesê.

“Hulle is deur die polisie ondervra, maar dit is ʼn geringe oortreding.”

George Obama is Saterdag in die Keniaanse krotbuurt Huruma gearresteer. Hy sê dat hy aktief is in jeuggroepe en opleiding ontvang om ʼn werktuigkundige te word.

Sy storie het verlede Augustus groot opgewondenheid veroorsaak toe die Italiaanse uitgawe van Vanity Fair hom opgespoor het en beweer het dat hy op minder as ʼn dollar per dag lewe.

Amerikaanse konserwatiewe politici het probeer om die berigte te gebruik in aanvalle op Barack Obama in sy verkiesingsveldtog.

Die twee mans het dieselfde pa, Barack Obama Senior, hoewel nie een van hulle hom eintlik goed geken het nie.

Barack Obama Senior het padgegee toe sy seun net ʼn kleuter was en twee dekades later eers vir George Obama gekry. Hy is in ʼn motorongeluk dood in 1983 toe George net 6 maande oud was.

President Obama word as ʼn held gesien in Kenia, waar baie van sy uitgebreide familie steeds in ʼn klein dorpie, Kogelo woon.

Hy het die Oos-Afrikaland slegs ʼn paar keer besoek.мойка оборудованияАлександр Фильчаков

Om die w?reld se grootste mynveld op te pas

Terwyl landmyne tegnies gesproke steeds verban is, is daar steeds baie van die goed in gebruik, en die gebied wat die swaarste bemyn is, is Korea. Die mynverbodooreenkoms het in 1999 inwerking getree, maar 42 lande het nie saamgestem met die verbod op die vervaardiging, opgaar en gebruik van teenpersoneelmyne nie. Lande wat nie ingestem het nie sluit in Sjina, Indië, Pakistan, Rusland, Suid-Korea en Amerika. Dit sluit in die groot vervaardigers van landmyne sowel as dié wat dit steeds aanwend.

Suid-Korea het omtrent ‘n miljoen landmyne wat geplaas is in die DMZ (gedemilitariseerde sone) tussen Noord- en Suid-Korea. Amerika en Suid-Korea het nog amper 2 miljoen myne in voorraad, net vir ingeval Noord-Korea weer probeer om ‘n inval te doen (soos hulle in 1950 gedoen het.) Noord-Korea weier om te sê hoeveel myne hulle geplant het, maar dit is waarskynlik ‘n hele paar honderd duisend.

Suid-Korea moes begin om myne, wat te oud raak om te werk, te vervang met ‘n nuwer geslag afstandbeheerde myne. Baie van die meer onlangse myne wat Suid-Korea begin opgaar het, is die tipe wat selfvernietig na ‘n sekere tyd nadat dit geplant is. Suid-Korea het begin planne maak om al die myne wat hulle geplant het oor die laaste drie jaar weer op te ruim, aangesien dit voorkom dat die kommunistiese regering van Noord-Korea binnekort tot ‘n val sal kom, en die myne en die Gedemilitariseerde Sone dan nutteloos sal word.солидолонагнетатели лобановский александр игоревич

Verpleegster kortgevat oor gebed

'n Christelike verpleegster van Weston-super-Mare in Engeland is geskors nadat sy aangebied het om vir 'n pasiënt se herstel te bid.

Gemeenskapsverpleegster, Caroline Petrie, 45, sê sy het tydens 'n tuisbesoek vir 'n bejaarde vrou gevra of sy vir haar kan bid. Die pasiënt het 'n klagte by die gesondheidstrust oor Mevrou Petrie, 'n Baptis, ingedien.

Sy is op 17 Desember, sonder salaris, geskors en sal volgende week die uitslag van haar dissiplinêre vergadering hoor.

Mevrou Petrie doen tuisbesoeke in Noord-Somerset, sê sy het vir die pasiënt gevra of sy 'n gebed wil hê, nadat sy die verbande op haar bene geruil het.

Die pasiënt, in haar sewentigs, het geweier. Mevrou Petrie hou vol dat sy die saak daar gelaat het.

Die siek vrou het die gesondheidstrust gekontak en Mevrou Petrie is deur haar seniors gedaag om te verduidelik.

“Die vrou het dit die volgende dag genoem aan die suster wat gekom het om haar verbande te ruil,” sê Mevrou Petrie. “Sy het gesê sy het geen aanstoot geneem nie maar was besorgd dat iemand anders dit wel sou doen.

“Ek is deur my bestuurder aangespreek. Sy het gesê: ‘Ek het 'n brief in die een hand en 'n voorvalvorm in die ander. Jy sal nie kan werk totdat ons die voorval ondersoek het nie.”

Mevrou Petrie sê sy het 'n Christen geword na haar ma se dood.

“My geloof het sterker geword en ek het besef dat God wonderlike dinge in my lewe doen.

Ek het gesien my pasiënte ly en omdat ek in die krag van gebed glo, het ek begin om hulle te vra of hulle wil hê ek moet vir hulle bid. Hulle was absoluut verheug.”

'n Segsman vir die Noord-Somerset Primêre Sorg Trust sê Caroline Petrie is geskors hangende 'n ondersoek in die aangeleentheid.

“Ons neem altyd vraagstukke wat deur ons pasiënte geopper word, baie ernstig op en ondersoek enige aangeleentheid van die aard baie sorgvuldig.

“Ons was nog altyd daarop bedag om respek te hê vir ons pasiënte se standpunte en sensitiwiteit asook dié van ons staf.”велосипед купить харьковФильчаков прокурор

Vat vet kinders weg, vra dokters

Erg oorgewig kinders behoort by kinderbeskermingsowerhede aangemeld te word en selfs in sorg geplaas te word indien die ouers onwillig is of nie in staat is om hulle te help om gewig te verloor nie, redeneer spesialiste in Australië.

Die volgehoue mislukking van ouers om behandeling vir hulle oorgewigkinders te bekom, kan as mediese nalatigheid beskou word, wanneer die kind ly aan, of die risiko loop om te ly aan erge gesondheidsprobleme wat met oorgewig geassosieer word.

Klinici het reeds ʼn regsbevoegdheid om welsynsowerhede te kontak wanneer ouers nalaat om mediese advies te volg in die behandeling van ander siektes, soos byvoorbeeld ouers wat medikasie vir ʼn MIV-positiewe kind weier of ʼn lewensreddende bloedoortapping weens geloofsbesware.

Dokters by die kinderhospitaal in Westmead sê in die Mediese joernaal van Australië dat die toenemende verskynsel van vetsug laat baie gesondheidswerkers onseker of hulle die kinderbeskermingswerkers in kennis moet stel wanneer ouers nalaat om mediese advies te volg.

"Ons argumenteer dat om die kinderbeskermingsdienste in ekstreme gevalle in kennis te stel ʼn gepaste professionele reaksie sal wees," het kindervetsugspesialiste dr. Shirley Alexander en professor Louise Baur geskryf.

Dr. Alexander het gesê dat die multi-dissiplinêre span spesialiste by die kinderhospitaal in Westmead wat na ekstreme gevalle van oorgewig kinders gekyk het, die Nieu-Suid-Wallis-departement van gemeenskapsdiens (DOCS) gekontak het in gevalle waar ouers onwillig of nie in staat was om met mediese advies saam te werk nie.

"Die kind mag insulienweerstandig wees en mens het hulle op medikasie gesit om te help om diabetes te voorkom en die ouers stem nie saam met die toedien van die medikasie nie, of mens lewer bewyse dat kinders ʼn hoër risiko loop om vetsugtig te wees indien hulle ʼn TV in die slaapkamer het en ouers weier om die TV te verwyder," het dr. Alexander gesê.

Die artikel wat gister gepubliseer is, het die gevallestudie van Jade, ʼn 4-jarige meisietjie gebruik. Sy is 110cm lank en het 40 kilogram geweeg.

Sy het verwante gesondheidsprobleme gehad insluitend ʼn vetterige lewer, hiperinsulinemie en obstruktiewe slaap-apnee.

Haar ouers, wat van mekaar verwyder is, laat haar toe om tot 6 ure per dag televisie te kyk en te eet net wat sy wil. Hulle het ook verskeie kere nie opgedaag by afsprake met die dieetkundiges en ander gesondheidswerkers nie.

Ná 12 maande het haar gewig toegeneem en Jade het aan hoë bloeddruk gely en was ook aggressief.

Die hospitaal het DOCS gekontak en Jade is in die hospitaal opgeneem, waar ʼn program van daaglikse liggaamlike aktiwiteit ingestel is en ook ʼn gesonde dieet, wat haar 3 kilogram binne twee weke laat verloor het.

Ná haar ontslag het die owerhede aangedring op besoeke onder toesig aan haar pa en gemeenskapsgesondheidwerkers het die ma besoek om haar te leer om gesonde kos te koop en te kook en Jade het nog ʼn rokgrootte verloor.

Dr. Alexander het gesê dat hoewel dit ʼn sensitiewe saak is om kinders in sorg te plaas, die in kennis stel van kinderbeskermingswerkers soms mag lei tot ander vorme van ingryping, soos finansiële hulp om gesonde kos te koop of die opstel van "verantwoordelikheidskontrakte".

для банилобановский харьков