Daar is een rede, ‘n ooglopende rede, hoekom die Springbokke môre se toets teen die All Blacks, en daarmee saam die Drienasies-silwerware, gaan wen: Hulle is, doodeenvoudig, die beste span op die planeet. Goeie spanne, selfs beste spanne, kan ook ‘n grys oomblik hê. Om die waarheid te sê, dis haas onvermydelik. Die Springbokke het hulle s’n verlede week in Australië beleef. Maar môre is dit kil, genadelose besigheid soos gewoonlik.
Lees verder: Die kop op die blok s?: Springbokke wen Drienasies met naelskraapoorwinning oor NS
