Wel, ja, moontlik in dieselfde sin dat RuPaul ‘n “glansmeisie” is.
Ook is dit besonder interessant dat ‘n soortgelyke foto nie op die voorblad van die Huisgenoot, You se Afrikaanse ekwivalent, verskyn nie. Ek wonder waarom nie? Is Semenya ander mense, nie Huisgenoot se grootliks Afrikaner-lesers nie, se held(in)? Hoe strook dit met Naspers se reënboognasie-ideologie? Is ons nie veronderstel om ‘n gelukkige, patriotiese, kleurblinde swartwitbruingeelpienk mengelmoes te wees wat almal per definisie dieselfde waardes, helde en kultuur het nie?
Hoe dit ook al sy, ten spyte van You se pogings om sy lesers te oortuig van Semenya se vroulikheid, asook Atletiek SA en die ANC regime se voorspelbare geskree oor rassisme nav die atletiek-owerhede se geslagstoetse op Semenya in Berlyn, blyk dit dat daar ook by ASA twyfel bestaan het oor Semenya se geslag, en dat sodanige twyfel bestaan het vóór Semenya se vertrek. Wilfred Daniels, ASA se spanbestuurder, het bedank agv die toetse wat op Semenya uitgevoer is. Volgens Daniels is daar geslagstoetse op die klaarblyklike hermafrodiet Semenya uitgevoer sonder sy / haar / dit se medewete.
Sodoende ontstaan daar heelwat vrae oor die aangeleentheid:
1. As die toetse wel in Suid-Afrika uitgevoer is, wat was die uitslag? Soos sal blyk uit (2) hieronder, is daar ‘n sterk vermoede dit was nie die gewenste een nie.
2. Indien die uitslag van die toets in Suid-Afrika daarop gedui het dat hy / sy / dit wel ‘n vrou sou wees, waarom is hy / sy / dit weer in Berlyn getoets? Waarom nie bloot die uitslae van die Suid-Afrikaanse toets as bewys ingedien het in Berlyn nie? Al gevolgtrekking wat mens hieruit kan maak, is dat die uitslag van die toets in Suid-Afrika doelbewus verswyg is. Gevolglik ontstaan die vermoede dat Semenya baie dinge mag wees, maar ‘n glansmeisie is sy nié.
3. As dit rassisme sou wees vir die Internasionale Atletiekfederasie om Semenya in Berlyn te toets, volg dit dat ASA se optrede ook rassisties was. Wie is die skuldige rassiste binne ASA? Ons soek name, indien nie hulle bedankings nie…
Lees meer op Anton Barnard se woernaal SAmizdat .
