Werkers van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, SAID, sal na verwagting Vrydag in ‘n optog by die Beitbruggrenspos deelneem as deel van die landwye staking om verhoogde salarisse.
Die betogers beplan om ‘n memorandum aan die bestuur van die Beitbruggrenspos te oorhandig.
Die verkeer sal na verwagting op die N1 tussen die grensposte van Suid-Afrika en Zimbabwe ontwrig word, het die SAUK berig.
Die National Education, Health and Allied Workers’ Union (Nehawu) en die Staatsamptenarevereniging van Suid-Afrika, PSA, het die SAID se onlangse salarisaanbod van 11% verwerp.
Dié lede het Maandag begin staak om ‘n salarisverhoging van 13%.
