Die neus deur Deborah Steinmair. Uitgewer: Human & Rousseau. Prys: R180Gratis as eboek uitneembaar deur alle PRAAG-lede hier. Ek was aanvanklik heel opgewonde om Deborah Steinmair se jongste roman, Die neus, te begin lees. Die boek bevat ‘n aantal boheemse, selfs eksentrieke karakters wat die leser met hul aweregse gewoontes en uitsprake amuseer. Op een
VN vra boikot teen Amerikaanse, EU-maatskappye wat sake doen met Israel
‘n Verslag wat binnekort vrygestel sal word deur die Verenigde Nasies doen ‘n beroep vir ‘n internasionale veldtog teen Amerikaanse maatskappye wat sake doen in Israel, met inbegrip van Hewlett-Packard, Caterpillar Inc, en Motorola. Die Menseregtekommissie (MRK) het die verslag uitgereik. President Barack Obama het aangesluit by die VN-groep nadat hy tot leier verkies is.
Lees verder: VN vra boikot teen Amerikaanse, EU-maatskappye wat sake doen met Israel
Het die BBC eie pedofielring bedryf?
Britse polisiebeamptes ondersoek die beweerde seksuele misbruik van jong meisies deur die voormalige BBC-aanbieder Jimmy Savile. Hulle het gister gesê hulle het meer as 400 navrae wat sowat 300 slagoffers insluit. “Dit is nogal onthutsend,” sê ondersoekleier kmd. Peter Spindler. Hy het aan ‘n nuuskonferensie gesê dat byna al die potensiële slagoffers vroue was en
SA-reserviste dalk in Mali, DRK ontplooi
Burgerlikes wat militêre opleiding ondergaan het, kan binnekort vir aktiewe diens opgeroep word en potensieel in dodelike vredeshandhawingsoperasies ontplooi word. Die Suid-Afrikaanse weermag – reeds deur vredehandhawingsontplooiings regoor die kontinent oorlaai – is besig om voor te berei vir die ontplooiing van honderde bykomende troepe, met inbegrip van burgerlike reserviste, vir vredemissies. Daar is sowat
SEB werk nie, sê Phosa
Die tesourier-generaal van die ANC, Matthews Phosa, het Donderdag gesê die Marikana-tragedie het die wanfunksionering van die bestaande model van swart ekonomiese bemagtiging (SEB) ontbloot. Phosa het by die eerste Max Maisela-gedenklesing by die Monash-universiteit in Johannesburg ‘n toespraak gelewer. “Marikana het ons geleer… ons model vir SEB is disfunksioneel, en dat ons kreatief moet
Maatskaplike toelaes styg
Oor die volgende drie jaar sal nog ‘n miljoen Suid-Afrikaners op maatskaplike toelaes begin staatmaak vir ‘n inkomste, het Pravin Gordhan, die minister van finansies, gesê. Gordhan het in sy mediumtermyn-begrotingsoorsig in die parlement gesê die aantal mense wat van maatskaplike toelaes afhanklik is, sal teen 2015/16 styg tot 17,3 miljoen. Tans ontvang 16,1 miljoen
Landbou verseker stabiliteit
“‘n Sterk landbousektor is noodsaaklik vir ekonomiese en politieke stabiliteit in Suid-Afrika. In hierdie verband vra ons regeringsleiers vir politieke en eknomiese sekerheid, spesifiek ten opsigte van die landboubedryf. Ons het ‘n omgewing nodig wat bevorderlik is vir gesonde publieke-privaat vennootskappe en wat die lewensvatbaarheid van beleggins bevorder. Publieke-privaat samewerking is die enigste wyse waardeur
Smelt Afrikaanse skole saam
“Indien die samesmelting van skole in sekere gevalle die toekoms van Afrikaanse skole kan verseker, moet dit as uitweg oorweeg word”, sê mnr Jaco Mulder, VF Plus LPW vir Gauteng en leier van die party in die provinsie. Dit volg nadat drie Afrikaanse laerskole in die Germiston-omgewing deur die departement van onderwys in kennis gestel
Visserye se patrolliebote nie een op see
Die minister van Verdediging en Militêre Veterane, me. Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het erken dat nie een van die patrolliebote of navorsingskepe, wat aan die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye behoort, en nou deur die SA Vloot bedryf word, operasioneel is nie. Sy het geantwoord op ‘n vraag van Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus in
Skoolkinders loop deur onder rowers
Nie net Kempies en Impala se leerlinge loop deur nie, maar ook dié van Sir Pierre en Rhodesfield. Skoolkinders word steeds elke week van selfone, geld en selfs fietse beroof. Dit het aan die lig gekom nadat ‘n leerling (13) van Laerskool Impala verlede week Dinsdag deurgeloop het. Die seun se ma sê haar seun
