VN vra boikot teen Amerikaanse, EU-maatskappye wat sake doen met Israel

‘n Verslag wat binnekort vrygestel sal word deur die Verenigde Nasies doen ‘n beroep vir ‘n internasionale veldtog teen Amerikaanse maatskappye wat sake doen in Israel, met inbegrip van Hewlett-Packard, Caterpillar Inc, en Motorola.

Die Menseregtekommissie (MRK) het die verslag uitgereik. President Barack Obama het aangesluit by die VN-groep nadat hy tot leier verkies is. Lede van die MRK sluit menseregteoortreders soos Saoedi-Arabië, Katar, Jordanië, Libië, China, en Kuba in.

‘n Spesiale Rapporteur oor die situasie van menseregte in die Palestynse gebiede, doen verslag aan die MRK. Die huidige rapporteur is die Amerikaanse professor Richard Falk. Falk is ook ‘n 9/11-skeptikus.

Die verslag wil ‘n veldtog van boikotte, sanksies, en regstappe teen ‘n aantal internasionale maatskappye loods wat sake doen in Israel. Bykomend tot die Amerikaanse maatskappye, word groot Europese maatskappye soos Veolia Environment, Group 4 Security, die Dexia Groep, asook die Volvo-groep ingesluit.

“Die koste aan maatskappye en besighede wat nie internasionale humanitêre reg respekteer nie is aansienlik,” het die verslag gewaarsku, “insluitend skade aan ‘n maatskappy se openbare beeld, impak op aandeelhouerbesluite en die aandeelprys en kan lei daartoe dat werknemers strafregtelik vir menseregteskendings aanspreeklik gehou kan word.”

Die verslag waarsku Amerikaanse werknemers van geteikende maatskappye dat hulle wetlike risiko’s in die gesig staar.

“Werknemers van maatskappye kan ondersoek en vervolging vir menseregtevergrype ongeag van waar die oortreding gepleeg is in die gesig staar.”

Die Obama-administrasie het in 2009 by die MRK by monde van VN-ambassadeur Susan Rice belowe, “Ons werk van binne, sodat ons die raad as ‘n meer effektiewe forum kan uitbou om menseregte te bevorder en te beskerm.”

Александр Фильчаков Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae