Maatskaplike toelaes styg

Oor die volgende drie jaar sal nog ‘n miljoen Suid-Afrikaners op maatskaplike toelaes begin staatmaak vir ‘n inkomste, het Pravin Gordhan, die minister van finansies, gesê.

Gordhan het in sy mediumtermyn-begrotingsoorsig in die parlement gesê die aantal mense wat van maatskaplike toelaes afhanklik is, sal teen 2015/16 styg tot 17,3 miljoen. Tans ontvang 16,1 miljoen mense maatskaplike toelaes.

Toelaes vir kinderonderhoud sal volgens die minister se verslag die grootste styging toon en 12,2 miljoen ouers sal oor drie jaar op die staat se hulp aangewese wees om hulle kinders te ondersteun.

Die aantal pensioenarisse en oorlogsveterane, wat nou 2,8 miljoen mense is, sal tot net oor die 3 miljoen styg.

In dieselfde tydperk sal die aantal gestremdes wat van toelaes afhanklik is, tot 1,1 miljoen daal.

Gordhan het voor sy parlementsrede die media toegespreek en negatiewe kritiek veroordeel. Hy het gesê te veel mense, veral uit die buiteland, lewer kommentaar wat buite orde is en dra geen kennis oor ons situasie nie.

Gordhan sê Suid-Afrikaners en die internasionale beleggingsgemeenskap moet besef daar is nie ‘n “ramp op pad om ons te tref nie”.

“Ons het uitdagings maar daar is geen rede vir die oormatige pessimisme en negatiwiteit wat ons sien en hoor nie. Ons het al heelwat erger as dit oorleef.”

Фильчаков прокурор отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae