Landbou verseker stabiliteit

“‘n Sterk landbousektor is noodsaaklik vir ekonomiese en politieke stabiliteit in Suid-Afrika. In hierdie verband vra ons regeringsleiers vir politieke en eknomiese sekerheid, spesifiek ten opsigte van die landboubedryf. Ons het ‘n omgewing nodig wat bevorderlik is vir gesonde publieke-privaat vennootskappe en wat die lewensvatbaarheid van beleggins bevorder. Publieke-privaat samewerking is die enigste wyse waardeur ons sal slaag. Daarom – te midde van reusagtige onsekerhede en ekonomiese onrus, is die bou van die nuwe Sasol Nitro Kalksteenammoniumnitraat-aanleg beduidend positief,” het Dr. Pieter Mulder, adjunk-minister vir Landbou, Bosbou en Visserye vandag by die opening van die aanleg by Saso Nitro in Sekunda gesê.

In net twintig jaar van nou, sal die wêreld se boere 50 persent meer moet produseer van wat tans geproduseer word. Die vraag wat ons almal konfronteer – op ‘n globale skaal – is hoe ons landbouproduksie verhoog op minder grond? Verhoging van voedselproduksie op ‘n volhoubare basis is die sentrale oorheersende en definiërende kwessie in landbou vandag. Tegnologie en navorsing sal ons toerus om verhoogde produksie te lewer met dieselfde hoeveelheid of verminderde insette. Hierin speel kunsmis ‘n vername rol in die verbetering van landbou uitsette. Hierdie aanleg plaas Sasol Nitro daarom in ‘n baie beter posisie om die langtermyn-verskaffing van ‘n wêreldklas produk aan die Suid-Afrikaanse landbou industrie vol te hou.

“Ons is in die midde van geweldige onsekerheid en ekonomiese onrus, nie net in die wêreld nie, maar ook in Suid-Afrika. Vir ekonomiese groei en vir die geleentheid om baie van ons probleme aan te spreek, het ons ekonomiese en politieke stabiliteit nodig. Landbou vorm deel van ‘n kritieke deel van ons land se sosio-ekonomiese en sosio-politieke stabiliteit. Met groter sekerheid met betrekking tot hierdie sektor en verantwoordelike regering in hierdie verband, sal ons suksesvolle kommersiële boere bekom en daardeur sal ons effektiewe landelike ontwikkeling verseker terwyl ons die uitdagings van voedsel onsekerheid en werkloosheid oorkom,” het dr. Mulder gesê.

[Die nuwe aanleg het ‘n kapasiteit van 400 000 ton per jaar en is teen ‘n ksote van net meer as R1 miljard opgerig. Uit hierdie bedrag is net meer as R830 miljoen bestee aan plaaslike aankope en diensverskaffers. Meer as 3 000 Suid-Afrikaners is deur plaaslike kontrakteurs in diens geneem en het aan die projek gewerk gedurende die oprigting van die nuwe aaleg in die afgelope 2 jaar.]

Фильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae