Dit volg nadat drie Afrikaanse laerskole in die Germiston-omgewing deur die departement van onderwys in kennis gestel is dat, weens die groot aanvraag na Engelse onderrig in die gebied, hul sal moet sluit. Dit sluit in Laerskole Elsburg, Elspark en Delville. Die beheerliggame van Laerskool Elspark en Delville het aangedui dat die moontlikheid oorweeg word om die twee skole saam te smelt, terwyl Laerskool Elspark dan voortaan net in Engels sal onderrig.
“Dit is altyd hartseer dat ‘n skool met ‘n jarelange gevestigde tradisie en erfenis in die slag moet bly, soos in die geval van Laerskool Elsburg. Ons leef egter in buitengewone tye waar pro-aktiewe optrede soos in die geval van Vereeniging, waar twee Afrikaanse skole in 2013 gaan saamsmelt om een super skool te vestig. Indien só ‘n stap Afrikaans as onderrigtaal kan red, verwelkom die VF Plus die ondersoek na haalbaarheid daarvan”.
Volgens Mulder is die VF Plus voortdurend met die LUR vir onderwys, Barbara Creecy, in kontak om te verseker dat die taalregte van skole gehandhaaf word. “Ons lewer inspraak by die department en help bemiddel”.
Die VF Plus veg reeds sedert die negentiger-jare vir die behoud van Afrikaans in skole toe die Party betrokke was by die samesmelting van twee Afrikaanse skole in Newcastle, Natal. “Die VF Plus veg onbeskaamd vir die behoud van Afrikaans in skole. Ons sal die betrokke Afrikaanse skole in die Oosrand bystaan in die samesmeltingsproses”, sê Mulder.
