Afrikaners skitter met gholf

Die Suid-Afrikaanse gholfspeler, JB Kruger, het met 21 plekke tot 160ste op die jongste wêreldgholfranglys geklim. Dit volg nadat hy agtste was in die CIMB Classictoernooi, ‘n PGA-toernooi in Kuala Loempoer in Maleisië die naweek. Kruger is nou bo die kampioen van die 2008 Meesterstoernooi, Trevor Immelman, wat 166 ste is. Louis Oosthuizen is nog

Lees verder: Afrikaners skitter met gholf

Swart boere se trekkers staan

Die Direkteur van die Departement van Landbou en Visserye se Infrastruktuur-ondersteuning, At van Coller, het bevestig dat 70 trekkers wat vroeër vanjaar aangekoop is, nog steeds stof vergaar in Limpopo. Hy sê die trekkers en ploegimplimente van meer as 37 miljoen rand is deel van die regering se landelike ontwikkelingsprogram. Die trekkers wat veronderstel is

Lees verder: Swart boere se trekkers staan

SA sal Brics-bank gasheer wees

Suid-Afrika het ingestem om as gasheerland op te tree vir ‘n beplande ontwikkelingsbank wat die Brics-lande sal dien. Hulle is Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika, het ‘n minister Maandag gesê. Dié vyf lande se ministers van finansies werk tans aan volhoubaarheidstudies vir die skepping van ‘n Brics-bank, wat na verwagting hulpbronne sal mobiliseer vir

Lees verder: SA sal Brics-bank gasheer wees

Waarom Zuma die Zapiro-saak gelos het

President Jacob Zuma het sy eis vir skadevergoeding teen die spotprenttekenaar Zapiro laat vaar om te verhoed dat ‘n wetlike presedent geskep word, het die presidensie Sondag gesê. “Die president … wil verhoed dat ‘n wetlike presedent geskep word wat vryheid van spraak kan belemmer, en onvoorsiene gevolge kan hê op ons media, openbare kommentators

Lees verder: Waarom Zuma die Zapiro-saak gelos het

George Clooney sê Soedan was uit die lug aangeval

Analise van satellietbeelde van ‘n Soedanese wapenfabriek wat Khartoem sê Israel het vroeër hierdie week gebombardeer, dui daarop die plek wel gebombardeer is, het ‘n moniteringsgroep Saterdag gesê. Die Satellite Sentinel Project, wie se stigters Hollywood-akteur George Clooney insluit asook die Enough Project, het gesê hulle het ‘n vergelykende analise van digitale beelde van die

Lees verder: George Clooney sê Soedan was uit die lug aangeval

The Racketeer deur John Grisham, ‘n swart suksesverhaal

Die Angelsaksers het ‘n uitstekende manier ontdek om politieke doelwitte doeltreffend na te streef: Laat die stemvee betaal vir die voorreg om geïndoktrineer te word, soos met ‘n “blitsverkoper”. ‘n Blitsverkoper is deesdae ‘n boek wat gratis deur die gedrukte media binne die eerste week van verskyning reeds so bemark word. In hierdie geval is

Lees verder: The Racketeer deur John Grisham, ‘n swart suksesverhaal

BDS verwelkom ANC se Israel-boikot

Boikotte, disinvestering en sanksies SA (BDS) verwelkom die standpunt deur die ANC se Internasionale Solidariteit-konferensie om die internasionale boikot teen Israel te ondersteun. Daar was wydverspreide steun vir die posisie van internasionale afgevaardigdes, met die uitsondering van ‘n afgevaardigde uit Duitsland, wat aangevoer het dat Israel nie kan vergelyk word met apartheid Suid-Afrika nie, het

Lees verder: BDS verwelkom ANC se Israel-boikot

Die vryheidstryd duur voort sê Motlanthe

Die stryd vir vryheid en demokrasie, wat gelei is deur mense soos die voormalige ANC-leier Oliver Tambo, is nog nie verby, het adj.pres. Kgalema Motlanthe Saterdag gesê. “Suid-Afrika word deur ingewikkelde probleme in die gesig gestaar, soos die soeke na eenheid en welvaart en ‘n wêreld sonder rassisme en seksisme,” het die adjunkpresident in ‘n

Lees verder: Die vryheidstryd duur voort sê Motlanthe

Frankenstorm: SAA kanselleer vlugte

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens het sy vlugte ná en van New York en Washington gekanselleer weens die orkaan Sandy. Passasiers wat geraak word, is versoek om die lugdiens se inbelsentrum of besprekingskantoor te kontak vir bystand. Die Stad New York het gisteraand al sy trein- en busdienste opgeskort in afwagting op die orkaan. Die storm sal

Lees verder: Frankenstorm: SAA kanselleer vlugte

Hoe Media24-berigte die waarheid rek

Charles Smith, tans adjunkredakteur van Volksblad, was ten tye van die vorige Amerikaanse presidentsverkiesing die verteenwoordiger van Media24 in Washington DC. Toe was hy so opgetrek met die nuutheid (en kontras) van ‘n swarte in die Withuis dat hy beweer het dat Obama die enigste persoon was wat Amerika kon red. Smith skryf steeds asof

Lees verder: Hoe Media24-berigte die waarheid rek