Die vryheidstryd duur voort sê Motlanthe

Die stryd vir vryheid en demokrasie, wat gelei is deur mense soos die voormalige ANC-leier Oliver Tambo, is nog nie verby, het adj.pres. Kgalema Motlanthe Saterdag gesê.

“Suid-Afrika word deur ingewikkelde probleme in die gesig gestaar, soos die soeke na eenheid en welvaart en ‘n wêreld sonder rassisme en seksisme,” het die adjunkpresident in ‘n toespraak gesê by die onthulling van die OR Tambo nasionale erfenisterrein aan die Oos-Rand.

Motlanthe het gesê dis belangrik om te weet dat die stryd waarvoor Tambo geleef het, nog lank nie verby is nie.

As die ANC en die land hul verantwoordelikhede nie reg hanteer nie, kan dit wat sedert die aanvang van demokrasie in Suid-Afrika gebou is, weer afgebreek word, meen Motlanthe.

Александр Фильчаков Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae