Frankenstorm: SAA kanselleer vlugte

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens het sy vlugte ná en van New York en Washington gekanselleer weens die orkaan Sandy. Passasiers wat geraak word, is versoek om die lugdiens se inbelsentrum of besprekingskantoor te kontak vir bystand.

Die Stad New York het gisteraand al sy trein- en busdienste opgeskort in afwagting op die orkaan. Die storm sal na verwagting sterk wind en oorstromings aan die Oos-kus veroorsaak.

Die goewerneur van die Staat New York – Andrew Cuomo – sê daar word verwag dat die dienste 12 uur ná die storm verby is, hervat sal kan word. Ander lugdienste het ook honderde vlugte na lughawens aan die Amerikaanse ooskus gekanselleer in afwagting op die storm was as Frankenstorm gedoop is.

Air France het al sy vlugte na New York en Wasgington gekanselleer terwyl Amerikaanse lugdienste honderde binnelandse vlugte uitgestel het.

Александр Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae