SA sal Brics-bank gasheer wees

Suid-Afrika het ingestem om as gasheerland op te tree vir ‘n beplande ontwikkelingsbank wat die Brics-lande sal dien. Hulle is Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika, het ‘n minister Maandag gesê.

Dié vyf lande se ministers van finansies werk tans aan volhoubaarheidstudies vir die skepping van ‘n Brics-bank, wat na verwagting hulpbronne sal mobiliseer vir infrastrukturele ontwikkelingsprojekte in ontwikkelende lande.

“Ek kan nie sê of Suid-Afrika gekies sal word nie, maar ek kan aandui dat Suid-Afrika bereid is om die gasheer te wees vir die tipe bank,” het Ebrahim Ebrahim, adjunkminister samewerking en internasionale betrekkinge, gesê.

Die Brics-beraad word in Maart volgende jaar in Suid-Afrika gehou.

Фільчаков Олександр Васильович

Maak 'n opvolg-bydrae