Die Suid-Afrikaanse gholfspeler, JB Kruger, het met 21 plekke tot 160ste op die jongste wêreldgholfranglys geklim.
Dit volg nadat hy agtste was in die CIMB Classictoernooi, ‘n PGA-toernooi in Kuala Loempoer in Maleisië die naweek. Kruger is nou bo die kampioen van die 2008 Meesterstoernooi, Trevor Immelman, wat 166 ste is.
Louis Oosthuizen is nog steeds die voorste Suid-Afrikaner op nommer elf, terwyl die Opekampioen, Ernie Els, 24 ste is en Charl Schwartzel op nommer 32.
