Kaapstad in duisternis na kragprobleme

Dele van Kaapstad se suidelike voorstede is Maandag in donkerte gehul, het die stad Kaapstad gesê.

Kylie Hatton, woordvoerder van die stad, het gesê ‘n fout by ‘n elektrisiteit-skakelstasie is die oorsaak van die kragonderbreking.

Gebiede wat geraak word, is Heideveld, Bonteheuwel, Epping, Thornton, Langa, Belgravia, Crawford, Rondebosch-Oos, die Vanguard-rylaan-gebied in die rigting Nuweland, Mowbray, Observatory, die buitewyke van Woodstock, Paardeneiland en Maitland.

Hatton het gesê tegnici werk aan die probleem, maar dit is nie bekend wanneer die elektrisiteitstoevoer in die gebiede herstel sal word nie.

Данильченко Юрий Брониславович Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae