George Clooney sê Soedan was uit die lug aangeval

Analise van satellietbeelde van ‘n Soedanese wapenfabriek wat Khartoem sê Israel het vroeër hierdie week gebombardeer, dui daarop die plek wel gebombardeer is, het ‘n moniteringsgroep Saterdag gesê.

Die Satellite Sentinel Project, wie se stigters Hollywood-akteur George Clooney insluit asook die Enough Project, het gesê hulle het ‘n vergelykende analise van digitale beelde van die wapenfabriek in Khartoem gemaak. ‘n Groot ontploffing het Dinsdag twee lewens geëis en ‘n groot brand veroorsaak.

“Die beelde toon ses groot kraters, elk ongeveer 16 meter breed en in ooreenstemming met impakkraters geskep deur ‘n lugaanval, gesentreer in ‘n plek waar, tot onlangs, nog sowat 40 skeepshouers gestapel was,” het die groep het ‘n verklaring gesê.

“‘n Beeld van 12 Oktober toon die stoorhouers gestapel langs ‘n 60-meter-lange skuur,” het hy gesê. “Terwyl (Sentinel) nie kan bevestig dat die houers op die terrein op 24 Oktober was nie, toon analise van die beelde die teenwoordigheid van baie volatiele vrag in die middelpunt van die ontploffings.”

Dit is nie duidelik uit die beelde wie vir die aanval verantwoordelik was nie.

‘n Groot brand het laat Dinsdag by die Yarmoukwapenfabriek in die suide van Khartoem uitgebreek, wat deur verskeie ontploffings geruk is, het getuies gesê. Brandbestryders het meer as twee uur nodig gehad om die vuur te blus by Soedan se hooffabriek vir ammunisie en handwapens.

Aanvanklik het die goewerneur van Khartoem eksterne oorsake vir die brand uitgesluit. Maar Soedan se minister van inligting, Ahmed Belal Osman het later aan verslaggewers gesê dat vier militêre vliegtuie die Yarmoukfabriek aangeval het en Israel sit daaragter.

Israel het ook nie verantwoordelikheid vir die aanval bevestig of ontken nie.

Die Oos-Afrikaland, het noue bande met Iranse en Soenni-jihadis, en word lank reeds deur Israel as ‘n roete vir wapens na die Hamas-regeerde Gasagebied beskou, via die Egiptiese Sinaïwoestyn.

Dit is nie die eerste keer Soedan het Israel daarvan beskuldig dat hulle aanvalle loods nie.

Die satellietbeelde kan hier besigtig word.

топкарго кидалы

Maak 'n opvolg-bydrae