Zille se dae is getel, sê Trollip

Die DA-leier Helen Zille sal waarskynlik om die leierskap van die party uitgedaag word by die DA se volgende verkiesingskongres, wat oor twee jaar plaasvind, het die Sunday Times berig. “Ek dink regtig daar sal by die volgende kongres ‘n mededinger wees want ons glo die leierskap van die party moet verander word,” het Athol

Lees verder: Zille se dae is getel, sê Trollip

Wiskunde-vraestelle gelek

Die departement van onderwys in Mpumalanga het eksamenvraestelle by 146 skole vervang ná ‘n vraestel uitgelek het, het die Sunday Independent berig. Amptenare van die departement het agterdogtig geraak toe ‘n leerder by ‘n skool in Witbank 30 minute geneem het om ‘n wiskunde-vraestel van drie uur te voltooi. “Toe die kind ondervra is, het

Lees verder: Wiskunde-vraestelle gelek

Wapentransaksie: Rolspelers byeen

Ondersoekbeamptes wat die omstrede wapentransaksie van R70 miljard ondersoek, het dié naweek met die regterlike kommissie vergader, het die Sunday Times berig. Adv. Billy Downer en adv. Gerda Ferreira, wat destyds die Skerpioene se wapenondersoek gelei het, was onder diegene wat Saterdag ‘n “inligtingsessie” in Pretoria bygewoon het. William Baloyi, woordvoerder vir die kommissie, het

Lees verder: Wapentransaksie: Rolspelers byeen

Minister van waterwese skerm vir Cyril

Die minister van waterwese, Edna Molewa, het na bewering ingegryp om moontlike vervolging van mynmaatskappye gekoppel aan Cyril Ramaphosa te voorkom. Daar is ontdek dat hulle sonder waterlisensies bedryf is, het regeringsbronne aan die Mail & Guardian gesê. Meer as vyf maatskappye wat gedeeltelik of ten volle besit word deur Ramaphosa – van 46 myne

Lees verder: Minister van waterwese skerm vir Cyril

Opposisie stel mosie van wantroue in Zuma

Opposisie partye wat ontevrede is met president Jacob Zuma se leierskap het ‘n mosie van wantroue teen hom in ‘n geheime stemming ondersteun. “Ons stem saam dat ‘n beslissende leierskap en visie in ons land ontbreek,” sê die partye.  Lindiwe Mazibuko, die DA se parlementêre leier, het die mosie namens die opposisiepartye, wat die African

Lees verder: Opposisie stel mosie van wantroue in Zuma

Motshekga se seksvoorligting aan ouers

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het aan ouers in die Noord-Kaap gesê hul kinders se sekslewe is nie die departement se probleem nie, het The Times berig. Motshekga het tydens ‘n lesing oor ouerpligte en -regte aan ouers in De Aar gesê hulle kan nie die departement die skuld gee wanneer hulle kinders swanger

Lees verder: Motshekga se seksvoorligting aan ouers

Grufoto’s van Marikana gee konteks

Mynwerkers van Lonmin wat gewapen was, was gevaarlik en het niemand in hulle pad ontsien nie, het die Farlam-kommissie Donderdag gehoor. Lt.kol. Victor Visser het Donderdag vertel van die geweld wat hoogty gevier het tydens die staking by Marikana in die Noordwes in Augustus. Visser het foto’s vertoon van ‘n toesighouer by die myn wat

Lees verder: Grufoto’s van Marikana gee konteks

Zille moet vlug van woedende plaaswerkers

Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, moes vir haar eie veiligheid van ‘n groep oproerige plaaswerkers in De Doorns vlug, het die SABC berig. Die situasie bly steeds gespanne en die polisie het ‘n ​​sterk teenwoordigheid rondom die plase ontplooi. Die werkers is vasbeslote dat hulle sal voortgaan om protes aan te teken vir ‘n

Lees verder: Zille moet vlug van woedende plaaswerkers

AgriSA by Grondwethof oor minerale regte

Die Grondwethof hoor vandag argumente aan oor AgriSA se eis vir skadevergoeding oor die beweerde onteiening van minerale regte. AgriSA voer in die aansoek aan dat die Wet op Minerale en Petroleum Bronne-ontwikkeling die konsep van privaat minerale regte herroep. Volgens die Wet wat in 2004 gepromulgeer is, moet eienaars van ou orde-regte aansoek doen

Lees verder: AgriSA by Grondwethof oor minerale regte

Nog geweld in De Doorns, N1 gesluit

Van die beloofde dialoog met die oproermakers in De Doorns het dadels gekom. Motoriste word gewaarsku om van alternatiewe roetes gebruik te maak nadat die N1 weens geweld gesluit is, berig Eyewitness News. Kenny Africa, hoofdirekteur van provinsiale verkeer in die Wes-Kaap, het gesê die N1 tussen De Doorns en Worcester en 10 km buite

Lees verder: Nog geweld in De Doorns, N1 gesluit