Die departement van onderwys in Mpumalanga het eksamenvraestelle by 146 skole vervang ná ‘n vraestel uitgelek het, het die Sunday Independent berig.
Amptenare van die departement het agterdogtig geraak toe ‘n leerder by ‘n skool in Witbank 30 minute geneem het om ‘n wiskunde-vraestel van drie uur te voltooi.
“Toe die kind ondervra is, het hy gesê dat hy die vraestel by ‘n ander skool gekry het. Ons het die skool daarvan bewus gemaak en die vraestelle vervang,” het Jasper Zwane, woordvoerder vir die departement van onderwys in Mpumalanga, gesê.
Die departement ondersoek twee skole in die Witbank-gebied. Vraestelle by skole in die Nkangala-distrik is teruggetrek en vervang met nuwe vraestelle.
