Wapentransaksie: Rolspelers byeen

Ondersoekbeamptes wat die omstrede wapentransaksie van R70 miljard ondersoek, het dié naweek met die regterlike kommissie vergader, het die Sunday Times berig.

Adv. Billy Downer en adv. Gerda Ferreira, wat destyds die Skerpioene se wapenondersoek gelei het, was onder diegene wat Saterdag ‘n “inligtingsessie” in Pretoria bygewoon het.

William Baloyi, woordvoerder vir die kommissie, het gesê ‘n notule is van die vergadering gehou en sal deel vorm van die kommissie se verslag.

Die kommissie sal na verwagting in Februarie 2013 met openbare sittings begin.

Pres. Jacob Zuma het in Oktober 2011 aangekondig dat regter Willie Seriti die kommissie sal lei, wat ook uit regters Willem van der Merwe en Francis Legodi bestaan.

Die omstrede transaksie is die bron van verskeie korrupsie-bewerings en politieke onmin sedert dit in 1999 geteken is.

Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae