Daar is ontdek dat hulle sonder waterlisensies bedryf is, het regeringsbronne aan die Mail & Guardian gesê.
Meer as vyf maatskappye wat gedeeltelik of ten volle besit word deur Ramaphosa – van 46 myne regoor die land – is sonder waterlisensies bedryf.
Dit sluit in Shanduka Graspan Colliery, Shanduka Bankfontein Colliery, Shanduka Coal Middleburg, Umcebo Mooifontein Colliery en Umcebo Nowesco (Brakfontein) in.
Twee senior departementele amptenare het hierdie week bevestig dat die Shanduka-groep van maatskappye sonder geldige waterlisensies wat die gebruik en behandeling van groot volumes water deur mynmaatskappye reguleer, voortgaan.
Maar Molewa se ingryping het verseker dat haar departement en die Shanduka-groep van maatskappye die saak geskik het voordat dit in die hof aangehoor is. “Die minister het dit baie duidelik gemaak dat sy nie die saak in die hof wil sien nie omdat dit ‘n verleentheid vir Ramaphosa sou wees. Sy het gesê dat indien die saak hof toe gaan, dit selfs haar haar werk kan kos as minister.
Genader vir kommentaar oor die beweerde ingryping deur Molewa, het haar woordvoerder, Mava Scott, gesê: “Die departement kan nie sulke gerugte oor ‘ingryping’ bevestig nie.”
Molewa het direkte vrae van die M&G oor haar inmenging gesystap.
“Wat van Patrice Motsepe [wie se maatskappy, Harmony Gold, ook onder die maatskappye is wat sonder waterlisensies bedryf word] ? Ons kom uit dieselfde gebied [in Noordwes]. Wanneer ons handel met maatskappye, is dit nie oor wie besit hulle nie. Dit is oor ons omgewingsmandaat. Ek het nooit geweet dat Cyril het iets te doen het met dié maatskappye tot die adjunkminister [Joyce Mabudafhasi] in die departement instruksies uitgereik het dat hulle [Shanduka] se operasie moet ophou nie,”sê Molewa.
Sy het bevraagteken waarom die Shanduka-groep van maatskappye uitgesonder moet word vir ondersoek wanneer daar baie ander maatskappye is wat sonder lisensies bedryf word.
“Dit kan nie reg wees dat ons die Shanduka-groep uitsonder nie, omdat Cyril se naam in die nuus is as gevolg van Marikana. Dit sal onregverdig wees. Ons is besig met al die maatskappye wat op dieselfde manier optree,” het Molewa gesê.
Ramaphosa, wat deur sommige ANC-takke genomineer is om oor te neem as die party se adjunk-president tydens sy jaarlikse konferensie in Mangaung in Desember, het onlangs onder skoot gekom omdat hy na bewering sy politieke invloed gebruik het om ministers te dwing om ferm op te tree teen stakende werkers by Marikana.
Dit het aan die lig gekom tydens die Farlam-kommissie van ondersoek nadat e-posse tussen Lonmin se bestuur verwys het na Ramaphosa se interaksie met die minister van minerale hulpbronne en die polisie. Die e-pos is na bewering 24 uur voor 34 mynwerkers deur die polisie geskiet is, gestuur.
