“Ons stem saam dat ‘n beslissende leierskap en visie in ons land ontbreek,” sê die partye.
Redes vir die stap sluit ondermeer in die Marikana-slagting, die skandaal oor die president se private woning in Nkandla, sowel as die handboek-sage in Limpopo en die Oos-Kaap, die verswakte regstelsel, die afwaartse aanpassing van die land se kredietgradering, en stygende werkloosheid, in.
“President Zuma geniet nie meer die vertroue van ons politieke partye om as president te dien nie,” het die partye Donderdag in ‘n gesamentlike verklaring gesê.
Artikel 102 (2) van die Grondwet bepaal dat, indien die Nasionale Vergadering, wat ondersteun word deur ‘n meerderheid van sy lede, ‘n mosie van wantroue in die president stel, die president en die ander lede van die Kabinet en enige adjunkministers moet bedank. “
Maar die ANC sal waarskynlik sy groot meerderheid in die parlement te gebruik om ‘n skuif teen Zuma te stuit.
Met die ANC wat 264 van die 400 setels in die parlement hou, sal die opposisie partye ten minste 67 ANC-LP’s van hul voorstel moet oortuig.
Parlementêre DA-leier Mazibuko is gerugsteun deur COPE se leier Mosiuoa Lekota om die stemming in die geheim te laat plaasvind.
ACDP-leier Kenneth Meshoe het hierdie standpunt ook ondersteun.
