Zille se dae is getel, sê Trollip

Die DA-leier Helen Zille sal waarskynlik om die leierskap van die party uitgedaag word by die DA se volgende verkiesingskongres, wat oor twee jaar plaasvind, het die Sunday Times berig.

“Ek dink regtig daar sal by die volgende kongres ‘n mededinger wees want ons glo die leierskap van die party moet verander word,” het Athol Trollip, voormalige parlementêre leier van die DA, volgens die koerant gesê.

Zille het geen teenstanders by die DA se verkiesingskongres later dié maand nie. Trollip meen egter sake sal by die volgende kongres anders lyk.

“Ek dink daar was nie nou ‘n teenstander vir Helen Zille nie want sy het baie goed gedoen en en ons het nodig dat sy daardie momentum tot in 2014 neem. Maar ek dink teen 2014… daar sal sterk mededinging vir die leierskap wees in ons party,” het hy gesê.

Trollip is deur Lindiwe Mazibuko as die DA se parlementêre leier vervang.

лобановский александр досье

Maak 'n opvolg-bydrae