Mugabe klou danksy diamante

Betaling? Human Rights Watch het Vrydag 'n verslag vrygestel waarin hulle beweer dat Mugabe verlede jaar die diamantmyne in die ooste van Zimbabwe met geweld oorgeneem het en 200 mense gedood het. Dit is gedoen om te verseker dat hy sy ondersteuners kan aanhou vergoed uit die inkomste en dus sodoende hulle lojaliteit verseker. Die

Lees verder: Mugabe klou danksy diamante

Nog ‘n apartheidsdroom?

Image

Mnr Christo Burger wat in Atlanta, Georgië, in die VSA woon, se Nuwelandplan wat hy tans met groot ywer onder Afrikaners bemark, verdien nadere ondersoek. Ek was teenwoordig by een van sy kleiner seminare en het dit baie moeilik gevind om die logika of waarde van sy Nuwelandprojek te verstaan of selfs net om daaraan vat te kry.

Image

Mnr Christo Burger wat in Atlanta, Georgië, in die VSA woon, se Nuwelandplan wat hy tans met groot ywer onder Afrikaners bemark, verdien nadere ondersoek. Ek was teenwoordig by een van sy kleiner seminare en het dit baie moeilik gevind om die logika of waarde van sy Nuwelandprojek te verstaan of selfs net om daaraan vat te kry.

Lees verder: Nog ‘n apartheidsdroom?

‘Jackson ‘n inspirasie’

Oud-president Nelson Mandela het blykbaar sy jare in die gevangenis oorleef danksy die feit dat hy voortdurend aan Michael Jackson gedink het. Hy het tydens ‘n ekslusiewe onderhoud met 'n Deense tydskrif in 2005 gesê die wit swartikoon bly vir hom steeds ‘n inspirasie. “As ‘n mens agter tralies sit, dan vind ‘n mens krag

Lees verder: ‘Jackson ‘n inspirasie’

Dubbele skok vir verbruikers

Asof die krimpende ekonomie nie alreeds verbruikers laat les opsê nie, is twee skokaankondigings gister gemaak: Elektrisiteit gaan baie duurder word en daar is nie verdere rentekoersvelagings op die horison nie. Die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) het ’n kragtariefverhoging van 31,3% toegestaan nadat Eskom 34% gevra het. Dié verhoging tree op 1 Julie in werking en

Lees verder: Dubbele skok vir verbruikers

Facebook toets nuwe tegnologie

Facebook toets tans nuwe privaatheidsbeheermaatreëls wat sy sowat 200 miljoen gebruikers in staat sal stel om te besluit wie sien elkeen van hul persoonlike opdaterings. Facebook het eergister bekend gemaak dat die opsie gebruikers in staat sal stel om hul opdaterings vir spesifieke groepe vriende pas te maak, byvoorbeeld ’n gebruiker wil almal laat weet

Lees verder: Facebook toets nuwe tegnologie

Afleggingskema kom om werkers te help

’n Konsepvoorstel vir ’n opleidingsafleggingskema kan volgende week bekend gemaak word, het president Jacob Zuma Woensdag gesê. Zuma het gesê die wêreldwye resessie verg dat politieke partye en ander sektore saamwerk. “Die resessie tref ons nou op volle krag,” het hy gesê. Die kwartaallikse indiensnemingsopname van die formele sektor het gewys dat sowat 179 000

Lees verder: Afleggingskema kom om werkers te help

SA se PPI duik

Suid-Afrika se produsenteprysindeks was -3.0% jaar-tot-jaar in Mei van April se 2,9%, het Statistiek Suid-Afrika Donderdag bekend gemaak. SSA het gesê op ’n maandelikse grondslag was PPI -1,1% in vergelyking met -0,2% in April.  Ingevoerde hulpbroninflasie was -16,7% jaar-tot-jaar in Mei in vergelyking met die -14,7% van die vorige maand, terwyl uitgevoerde hulpbroninflasie op -6,0%

Lees verder: SA se PPI duik

Van Reenenspas gesluit

Van Reenenspas naby Harrysmith in KwaZulu-Natal is gesluit nadat sterk winde Donderdagoggend 'n vragmotor op die pad omgewaai het.  Die pas is vir verkeer gesluit en vragmotorbestuurders word gewaarsku om daarop te let dat die weerstoestande in baie gebiede in die provinsie gevaarlik is, het vervoer-woordvoerder Nonkululeko Mbatha gesê. Daar is ook wegholveldbrande in die

Lees verder: Van Reenenspas gesluit