Die stad Kaapstad se kragtariewe gaan op 1 Julie met 25% verhoog word, het die munisipaliteit Dinsdag gesê. Dít is as gevolg van Eskom se 29% tariefverhoging aan die stad. Eskom se verhoging sowel as uitgawes op die elektrisiteitsnetwerk het beteken dat die stad tariewe met ‘n gemiddeld van 24,6% vir die komende finansiële jaar
Russiese spioenasienetwerk glo deur FBI ontbloot
Die Amerikaanse federale speurdiens (FBI) het Sondag ‘n aamtal mense in hegtenis geneem, wat glo vir Rusland gespioeneerhet. Die 11 aangeklaagdes het na bewering gepoog om kringe waar Amerikaanse regeringsbeleid bepaal word, binne te dring. Hulle het glo van sowel gesofistikeerde tegnologie asook boodskappe in onsigbare ink gebruik gemaak om inligting oor te dra. Een
Lees verder: Russiese spioenasienetwerk glo deur FBI ontbloot
Sweedse polisiehoof vas vir seksmisdrywe
Die verhoor van ‘n Sweedse polisiehoof wat aangekla is van 23 seksmisdade, wat verkragting en pogings tot kindermolestering insluit, het Dinsdag begin. Göran Lindberg (64) het in 2006 afgetree. Hy was die polisiehoof vir Swede se vierde grootste stad, Uppsala, en ook die hoof van dié land se polisieskool. Voor sy inhegtenisname in Januarie vanjaar
Toordokter verkrag glo pasiënt
‘n Toordokter van 66 is Dinsdagaand weens verkragting in hegtenis geneem, het die polisie in Johannesburg gesê. “Hy het glo ‘n 21-jarige vrou tydens ‘n toorsessie verkrag,” het konst. Edwin Ntsheo, polisiewoordvoerder, gesê. “Die vrou het hom genader vir hulp en hy het daarop aangedring dat sy al haar klere uittrek sodat hy haar kan
Fifa-hoofkantoor beroof
Fifa se hoofkantore in Johannesburg is beroof, het die nasionale polisiekommisaris, Bheki Cele, Dinsdag bevestig. “Ja, daar was ‘n rooftog, en ons ondersoek nog die saak,” het Cele gesê. Hy het gesê sewe replikas van trofeë is gesteel sowel as twee truie. “Dit blyk asof die misdaad deur mense gepleeg is wat vertroud is met
Dit het nie gehelp nie…
зарядку дляАлександр Фильчаков Васильевич
Is ‘n Afrikaner Owerheid moontlik?
Na aanleiding van die hewige reaksie op die VAS nuusberig het ek aanvanklik gewonder of daar ooit enigiets van die te stigte AO sal kom. Die onderlinge verskille is dan so groot en oënskynlik onoorbrugbaar. Maar as mens die situasie ontleed, besef jy dat die kern van die saak misgekyk word. Daar bestaan interne verskille
Polisie ontken Franse berig oor kinderhandel
Die Suid-Afrikaanse polisie het Maandag ontken dat ongeveer 20 kinders by die Komatipoort-grenspos tussen Suid-Afrika en Mosambiek in kartonhouers gevind is. “Dit is ‘n leuen. Ek sou die eerste gewees het om van so ‘n iets te weet,” het kapt. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder in Mpumalanga, gesê. Die Franse nuusagentskap, AFP, het vroeër berig dat sowat
Euforie het ‘n prys
Die bedrae wat tot dusver bekend gemaak is oor hoeveel Suid-Afrikaanse staatsdepartemente en staatsinstellings aan die aankoop van kaartjies vir die Wêreldsokkerbeker spandeer het, beloop reeds sowat R60 miljoen. Dit sluit nie die bedrae wat munisipaliteite, soos die R15 miljoen wat Mangaung spandeer het, in nie. Dié skrikwekkende konteks word verder versteur deur die nuus
WB-howe het 64 reeds skuldig bevind
Volgens die nasionale vervolgingsgesag (NVG) is 64 verdagtes reeds skuldig bevind in die spesiale Wêreldbeker-howe oor die afgelope maand. “Daar was sedert 28 Mei ‘n totaal van 142 sake op die hofrol,” het Mthunzi Mhaga, NVG-woordvoerder, Maandag gesê. Sowat 31 sake is van die rol geskraap weens ‘n tekort aan bewyse, terwyl 22 sake uitgestel
