Fifa se hoofkantore in Johannesburg is beroof, het die nasionale polisiekommisaris, Bheki Cele, Dinsdag bevestig.
“Ja, daar was ‘n rooftog, en ons ondersoek nog die saak,” het Cele gesê.
Hy het gesê sewe replikas van trofeë is gesteel sowel as twee truie.
“Dit blyk asof die misdaad deur mense gepleeg is wat vertroud is met Fifa se kantore.”
Dit is nog nie bekend wanneer die rooftog plaasgevind het nie.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.