Volgens die nasionale vervolgingsgesag (NVG) is 64 verdagtes reeds skuldig bevind in die spesiale Wêreldbeker-howe oor die afgelope maand.
“Daar was sedert 28 Mei ‘n totaal van 142 sake op die hofrol,” het Mthunzi Mhaga, NVG-woordvoerder, Maandag gesê.
Sowat 31 sake is van die rol geskraap weens ‘n tekort aan bewyse, terwyl 22 sake uitgestel is vir verdere ondersoek.
Die hooggeregshof in Johannesburg het reeds 44 sake hanteer.
Daar is sowat 56 spesiale Wêreldbeker-howe op die been gebring om spesifiek Wêreldbeker-verwante sake te hanteer tydens die toernooi.
Die howe werk in twee skofte. Die eerste van 08:30 tot 16:30 en die tweede van 16:30 tot 23:00.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.