Die Suid-Afrikaanse polisie het Maandag ontken dat ongeveer 20 kinders by die Komatipoort-grenspos tussen Suid-Afrika en Mosambiek in kartonhouers gevind is.
“Dit is ‘n leuen. Ek sou die eerste gewees het om van so ‘n iets te weet,” het kapt. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder in Mpumalanga, gesê.
Die Franse nuusagentskap, AFP, het vroeër berig dat sowat 20 kinders tussen die ouderdomme van nege en 16 agter in ‘n vragmotor by die grenspos ontdek is.
Volgens AFP het hierdie voorval reeds ‘n week of twee gelede plaasgevind.
“As dit ‘n week gelede gebeur het sou ek teen hierdie tyd reeds iets daarvan geweet het,” het Hlathi gesê.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.