Google stoot tariewe sesvoudig op

Google, wie se gewilde gmail-diens allerweë deur individue gebruik word, het so pas met ‘n slenterslag hul aanlynbergingsdiens se prys sesvoudig verhoog. Voorheen kon persoonlike gebruikers wie se gmail vol geraak het, vir slegs $5 per jaar ‘n ekstra 20 Gigagrepe se bergingskapasiteit per jaar bygekoop het. Nou vra Google skielik $30 vir dieselfde diens.

Lees verder: Google stoot tariewe sesvoudig op

In 1991 was Obama nog ‘n Keniaan

“Barack Obama, die eerste Afro-Amerikaanse president van die Harvard Law Review, is in Kenia gebore en getoë in Indonesië en Hawaii. Die seun van ‘n Amerikaanse antropoloog, en ‘n Keniaanse minister van finansies, het hy die Columbia Universiteit bygewoon en gewerk as ‘n finansiële joernalis en redakteur van die Business International Corporation. Hy het gedien

Lees verder: In 1991 was Obama nog ‘n Keniaan

‘Vat die myne en die banke, sonder vergoeding’

Die National Union of Metalworkers van Suid-Afrika, Numsa, wil hê die regering moet myne en banke sonder vergoeding nasionaliseer. Irvin Jim, die vakbond se sekretaris-generaal, het by die Universiteit van Johannesburg gister die bevindinge van die navorsing wat in opdrag van die ANC gedoen is, en wat bevind het dat die nasionalisering nie lewensvatbaar is

Lees verder: ‘Vat die myne en die banke, sonder vergoeding’

VF+: Begrotingsdebattoespraak oor Basiese Onderrig

Minister, u het beheer oor die belangrikste department in die land. Sonder ‘n goed funksionerende onderwysstelsel het ons land geen sinvolle toekoms nie. Sonder ‘n onderwysstelsel wat goed belê in ons jongmense begroot ons land vir ‘n skrikwekkende toekoms. Futurists tell us another truism: the best way to predict the future is to create it.

Lees verder: VF+: Begrotingsdebattoespraak oor Basiese Onderrig

Zuma ontstig die Angelsaksers

President Zuma het ‘n goeie skop na die Angelsaksiese maermerrie gemik met die jongste naamsverandering in Durban. Suid-Afrika se proses van naamveranderings vir geboue en strate is nie bedoel om enige deel van die land se geskiedenis uit te wis nie, het die president Donderdag gesê. Dit is eerder ‘n “vorm van simboliese reparasie” om

Lees verder: Zuma ontstig die Angelsaksers

Geweld by Carolina: 25 vas

Vyf-en-twintig mense is Donderdag in hegtenis geneem toe ‘n betoging gewelddadig geraak het in die Selobelo-township naby Carolina, het die polisie in Mpumalanga gesê. Volgens lt. kol. Leonard Hlathi het die betoging Donderdagoggend begin. Die mense wat in hegtenis geneem is, is meestal skoolkinders. “Ses polisiebeamptes is beseer toe betogers hulle met klippe bestook het

Lees verder: Geweld by Carolina: 25 vas

Amerikaners wil dagga wettig

Meer as 50% Amerikaners is nou ten gunste daarvan dat marijuana (dagga in ons taal) gewettig word op dieselfde basis as drank en sigarette, aldus ‘n mensingspeiling wat pas daar gedoen is. Rasmussen opnames wat as ‘n betroubare meningspeiling beskou word, berig dat in ‘n opname wat onder voornemende kiesers in die VSA gehou is,

Lees verder: Amerikaners wil dagga wettig