Die Spaanse term fuero is afgelei uit die Latynse woord “forum”, wat beteken mark of vergaderplek. Die woord het sy oorsprong in die middeleeue. Sekere dele van Spanje, byvoorbeeld, was wel deel van die Spaanse koninkryk, maar was nie ten volle geïntegreerd met die Spaanse koninkryk nie en het 'n mate van outonomie geniet.
‘n Fuero vir Afrikaners

Sedert die oorgawe van FW de Klerk en Roelf Meyer aan die ANC, asook die oorhandiging van die Suid-Afrikaanse Weermag aan die bevelstruktuur van Umkhonto we Sizwe, bevind die Afrikaner hom in die situasie van 'n oorheersde volk wie se grondgebied feitlik vanuit die Ooskusgebiede van Suid-Afrika deur ander groepe beset word.