Peter Vundla, ‘n raadslid van die SAKU het Vrydag bedank, het die uitsaaier Maandag bekend gemaak. Woordvoerder Kaizer Kganyago het gesê hy was nie bewus van die rede vir Vundla se bedanking nie, maar dat dit wel bekend gemaak sou word aan die ander aandeelhouers, die minister van kommunikasie en die voorsitter van die raad.
MTN gaan bankdiens per selfoon aanbied
Die Suid-Afrikaanse selfoon operateur MTN het Maandag gesê dat dit ‘n mobiele bankdiens loots in 21 Afrika en midde-oosterse lande waar daar swak toegang is tot tradisionele banke.
“Ons het die diens in 2005 in Suid-Afrika geloots,” het Dare Okoudjou van MTN se bankdiens departement gesê.

56%-toename in verlore dossiere
Daar was ‘n 56% toename in die hoeveelheid verlore polisie dossiere, het die DA Sondag gesê.
Die statistiek is onttrek uit ‘n antwoord op ‘n vraag in die parlement deur die party wat glo dit is getuienis dat die SA polisiediens in die greep van ‘n groot krisis verkeer.

Zimbabwe moet sy skuld betaal, volgens Gono
Zimbabwe se sentralebankgoewerneur het gesê die land moet sy skuld betaal aan multilaterale instansies, moet skenkerverhoudinge herstel en deurdruk met nuwe ekonomiese hervorming om ‘n diep krisis te beëindig, het die staatsmedia Sondag berig. Gideon Gono is aangehaal as dat hy gesê het Zimbabwiërs moet saamwerk om die ekonomie te red, die sterkste teken nog
DA kla oor artikel in Duitse koerant
Die DA het gekla by die Duitse koerant Der Spiegel oor ‘n artikel wat hulle glo opruiend is en wat besoekers aan SA kan weghou. “Der Spiegel is ‘n prominente en hooggeagte koerant, en die artikels wat dit gepubliseer het kan toeriste afskrik, beleggers bangmaak en Suid-Afrika se pogings om te wys dat hulle ‘n
Seun van sewe verkrag in Oos-Kaap
‘n 7-jarige seun is verkrag deur ‘n man van Joubertina, het die Oos-Kaapse polisie Sondag gesê. “Die seun en drie van sy maats was by die verdagte se huis in Ravinia waar hulle flieks gekyk het,” het superintendent Priscilla Naidu gesê. Teen 3 uur die middag het die seun se vriende uit die huis uitgegaan
Kragprojek geloods in KZN
Minerale en energie minister Buyelwa Sonjica het ‘n multimiljoenrand elektrifiseringsprojek geloods by Kwanzimakwe aan die KwaZulu-Natalse suidkus, het die SAUK Sondag berig. Die elektrifiseringsprojek sal meer as ‘n 1000 huishoudings in die area tot voordeel strek, het Sonjica gesê. Die projek het gekom na die gemeenskap gekla het dat die regering hulle ignoreer het, het
Minister se vrou in dwelmskandaal
Die minister van intelligensie, Siyabonga Cwele, het die hantering van beskuldigings van dwelmsmokkelary teen sy vrou Sheryl ‘n “prioriteit” gemaak, het ‘n woordvoerder Sondag gesê. “Hy het basies gesê dat hy dit hanteer as prioriteit omdat dit ‘n impak het op sy werk,” het woordvoerder Lorna Daniels gesê. Sy het geweier om te sê presies
ANK se kantoor op Vryheid beroof
Die ANK se streekskantoor in Vryheid, KwaZulu-Natal, is Saterdagnag beroof van drie rekenaars en deurmekaargekrap in wat die party dink meer as kriminele aktiwiteit was, het ‘n partywoordvoerder Sondag gesê. Buiten die diefstal is deure en vensters gebreek en die fotostaatmasjien en meubels ook beskadig, het provinsiale sekretaris Senzo Mchunu gesê. “Ons glo dat wie
VF+ wen Grondwetsaak oor buitelandse stem
Die VF Plus verwelkom die uitspraak van die Grondwethof dat geregistreerde Suid-Afrikaanse kiesers in die buiteland nou sal kan stem.
Die VF Plus verwelkom die uitspraak van die Grondwethof dat geregistreerde Suid-Afrikaanse kiesers in die buiteland nou sal kan stem.