56%-toename in verlore dossiere

Daar was ‘n 56% toename in die hoeveelheid verlore polisie dossiere, het die DA Sondag gesê.

Die statistiek is onttrek uit ‘n antwoord op ‘n vraag in die parlement deur die party wat glo dit is getuienis dat die SA polisiediens in die greep van ‘n groot krisis verkeer.

In 2005/6 is 382 dossiere verloor of gesteel; in 2007/8 427 en in 2008/9 het 668 dossiere wat gebruik word vir aanklagte verlore geraak.

Net 6% (41 uit 668 gevalle) het geëindig met “dissiplinêre aksie” wat geneem is teen die verantwoordelike lede.

“Dit beteken dat daar geen effektiewe afweermiddel in plek is nie, en dat die situasie nie sommer sal verbeter nie,” het ‘n verklaring van die DA LP Diane Kohler-Barnard gesê.

“Dit is onnodig om te sê dat die verlore dossiere ‘n erge nadeel is tot enige polisieondersoek, en die minister kan nie langer stilbly oor watter maatreëls geneem word om dié krisis ta hanteer nie.”

Sedert Junie 2007 was daar ‘n 93,8% toename in agterstande by forensiese laboratoriums landswyd – op van 6068 tot 11758 agterstallige monsters in die mees onlangse syfers wat vrygestel is.

Die spanning op polisieondersoeke en vertragings in hofsake “is een van die mees ernstige hindernisse tot ‘n behoorlik funksionerende regstelsel” het sy gesê.

Agterstande in chemiese monsters (op met 103% van 2007 af) en wetenskaplike analise (61%) was ook ‘n groot kommer.

Die DA het dringende stappe voorgestel om die vakante poste in laboratoriums te vul en ‘n “baie beter” salarisskema wat gebaseer is op werkslewering.

“Die stryd teen misdaad kan net gewen word indien ons ‘n goedbestuurde polisiemag het met goeie hulpbronne, dit is duidelik dat die ANK dit nie ‘n realiteit kan maak nie,” het Kohler-Barnard gesê.

Verlede week het die party gesê dat 8286 polisievuurwapens verloor is, gesteel is of andersins misplaas is.

куртки для девочек 10 летФильчаков Александр Васильевич